Wil jy werk by Huisgenoot wen?

  • 0

Al gedroom om die volgende Hanlie Retief te wees? kykNET en Huisgenoot is kop in een mus met ’n reeks wat beloof om baie vermaak op die kassie te verskaf.

Dié gewilde tydskrif is op soek na deelnemers aan ’n splinternuwe werklikheidsreeks waar die wenner sal wegstap met ’n pos by Huisgenoot.

Daar is nie iets soos die ideale kandidaat nie: Mense ouer as 21 wat lief is vir woorde, kreatief is, planne kan maak, op hul voete kan dink, nuuskierig is, maar veral die werk wil hê, het almal ’n goeie kans. Geen joernalistieke ervaring is nodig nie. Die wenner sal ’n jaarkontrak met Huisgenoot teken en ’n werk doen waar hy of sy hul talente die beste kan gebruik. Opnames sal sowat vyf weke duur en begin middel-Mei. Die finaliste sal dit uitspook in allerlei relevante uitdagings.

Skryf so in
Knip die inskrywingsvorm in Huisgenoot se 29 Maart-uitgawe uit of laai dit af by www.huisgenoot.com of www.kyknet.co.za, vul dit in en stuur dit vir ons saam met ’n onlangse kleurfoto van jouself, ’n afskrif van jou Suid-Afrikaanse ID-dokument en ’n motivering van 500 woorde of minder wat ons iets van jou vertel en hoekom jy aan hierdie reeks wil deelneem. Jy kan per e-pos, koerier of pos inskryf. Inskrywings moet ons voor 20 April 2012 bereik.

Onthou: Gaan gerus na www.huisgenoot.com vir nog inligting. En enigiemand wat in die afgelope twee jaar ’n permanente pos by Media24 gehad het, kwalifiseer ongelukkig nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top