Op Vrydag, 13 Februarie, sal Anna Breytenbach se boeiende vollengte dokumentêre film oor die kuns van diere-kommunikasie, by die Breytenbach Sentrum onder die sterre vertoon word. Sluit by ons aan vanaf 19:30 om heerlike eet- en drinkgoed te koop voor die vertoning om 20:00 begin.
Anna Breytenbach, die dogter van die bekende fotograaf, Cloete Breytenbach, is ’n professionele diere-kommunikeerder wat gevorderde opleiding van die Assisi Internasionale Diere Instituut in Kalifornië in die VSA ontvang het. Sy praktiseer reeds vir die afgelope 14 jaar met beide troetel- en wilde diere in Amerika, Europa en Suid-Afrika. Haar doelstelling is om ’n groter bewustheid tussen mens en dier te kweek en die bande tussen die spesies te versterk.
Anna Breytenbach wy haar lewe daaraan om diere te verstaan, of wat sy noem, aan interspesie-kommunikasie. Sy stuur gedetailleerde boodskape aan diere deur prente en gedagtes. Anna ontvang dan ook weer merkwaardige helder boodskappe terug van die diere.
Anna kan die wonde voel onder ’n dier se pels sonder om daaraan te raak; sy verstaan diere se onuitgesproke trauma; sy kan ’n lewensgevaarlike dier tot ’n ontspanne en vriendelike wese transformeer. Die hele diereryk verander in maniere wat nog nie voorheen beleef is nie – wilde voëls land op haar skouers; visse swem rondom haar, en onbekende bobbejane speel saam met haar of sy deel van hulle groep is.
Kaartjies vir die vertoning is R50 en kan bespreek word by Olivia Ockhuis – 021 8732786, Olivia@breytenbachsentrum.co.za.


Kommentaar
Ek dink dit is net wonderlik. Ongelooflik wonderlik.
Ek bly in Gauteng. Kan jy my leer asseblief?
Groot groot asseblief.
Anna
Ek is op die punt on ook deur ’n kurses te gaan. Nou is Al my friends kwaad en sê ek laat my in met duiwel goed. Asb help my met antwoord daaroor. Weet in Job in Bybel praat God met ons daaroor. Ek wil net meer met my diere kommunikeer. Asb help my on hulle the help.