Wie's bang?
Is jy moeg gespoeg
oor hoe jy sweet en hoe jy wroeg?
In die oggend vroeg,
jy's nog moeg van die kroeg
Tot die aand laat
en dis n ander man wat baat
En jy word kwaad en dit lei net tot haat
van die vraat wat jy voer
En jy praat en rumoer
Maar dit help nie
en jy kan dit nie keer nie
Jy's net ’n welpie
en jy kan nie sonder geld nie
Jy sal moet dieper delf, dis die vraat in jouself
wat jou onder hou, en nie onderhou nie
Jy moet aanhou grou, en nie ophou nie
moenie ingee nie, moenie opgee nie
(moenie voorgee nie, moenie agteraf neem nie)
Gee wat jy kan, gee in wat jy vang
Want as ons net dinge hulle gang laat gang
Sal die man ons almal hang
KOOR:
Wie’s bang, wie’s bang, wie’s bang
vir die Babilon slang?
Bring hom aan vir die man
dat hy hom kan vasvang
Begin die ontbinding, van jou ondervinding
lig die blindings, laat die son indring
Dit bring nuwe mag, skaterlag deur die dag
Vind daai mag in die sagte prag van die nag
Jjou klagtes oor verwagtings
en jou protes, oor die leë beloftes
Dis jou eie skuld, omdat jy volg en nie lei nie
Komaan bra, moenie sit en complain nie
As jy praat en nie doen, jou eie sienings versoen
dan is jy die vrot pampoen wat al die ander indoen
KOOR
En onthou
dat die antwoord wat jy soek, nie geskryf is in ’n boek
Dis in die grond
dis versprei rond en bont
so onverstop daai pyp
en laat die water uitpomp


