Wie’s wie (vir Kobus de Klerk)

  • 3

Webvoet, sal jy tog asseblief, as jy nie te veel werk het nie, vir Jacobus die Klerk bevestig dat ek ’n heel ander persoon is as Cornelius Henn.

Die arme Jacobus raak nou blykbaar deurmekaar en weet nie meer wie is wie op hierdie forum nie. Netnou is hy skoon die kluts kwyt, of moet mens van sy lang, uitgerekte braaksels aflei dat hy al lankal nie meer "all there" is nie. Miskien moet ons hom aanmoedig om sy medikasie te neem ...

Groete,

Sondaar II

  • 3

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Ag sorry ou Sondaar 2... moet erg wees om so saam met my reg in die ou grote Jacobus de Klerk se visier vasgevang te wees... vra maar vir Ronel; daar's hoegenaamd geen genade te vind by die werf se hoëpriester en sy lakeie nie - onse Webvoet se bekragtiginge ongeag...

  • Kobus de Klerk

    Hoe sal ons weet? Cornelius het al tevore so gemanifesteer onder sulke skuilname en dan is die goed wat jul kwytraak, ook so asof uit een hart. Veral as Kerneels begin saampraat, moet jy weet – daar's meer as net ’n rokie wat van die vuurtjie oorbly!

    Ander is dit mos maklik – instede om Webvoet op te saal – jy het mos ’n naam? Hoekom wegkruip, moet sê, party ouens kruip graag weg oor die snert wat hulle kwytraak – Kerneels doen dit redelik dikwels wanneer hy selfs vir homself, te erg raak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top