Wie sou raai
Ek weet jy't die wind omgepraat
Om op hierdie wintersaand
Jou lyf te neem
En sag te vee
Tot diep in die dwarse, bitter see
En weet jy as jy vra daarvoor
Sal die lug jou kom haal, jou wegtoor
Want jy's ’n engel en ’n slang
En op hierdie plaas in die nag
Waar spoke mekaar rondjaag
Het ’n wind gekom en ’n wind sluk son
En niks wat nou hier geplant word, blom
Sien die rooi lig voor die groot geveg
En die son wat kom sê: dis alles reg
Jy woon ’n blok van my huis af
Koor:
En in hierdie lugleegte van my
Wie sou raai
As die son vir my kom sê
Ek moet jou gaan haal
Jy kom in die oggend
Jy kom in die oggend uit
Wonder jy nooit hoe ’n mens vertolk
Al die dinge wat woon in ’n donderwolk
Hoe weet ’n mens van ’n dreigende moeilikheid?
Jy sien iemand in die oggend vir jou kyk
Brug:
Maar jy's net so mooi vir my
Koor
![]() |



