Wie rus in Wuhan?

  • 2

Fotobron: Canva

Kyk, hy kom gekroon met ’n sekelmaan in hand
Hy strek sy koue hand uit ver verby grens, see en sand
Onsigbaar raak hy joune, hy raak myne
Kyk, verder oos tot ver in die niet in hy kom van 19

Hy ryg en weef stringe op stringe en gooi hulle voor die swyne
In massagrafte verdwyn hulle
Hy glip deur, oor oppervlaktes en land plots iewers tussen een of ander skrefie op gesig.

In jou mond is hy nommerpas
’n Ontelbare speekselplas
In minute sal hy weer verkas
op pad na die volgende gas.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top