"Wie is ek?" deur Willie Louw

  • 0

Wie is ek?

Defineer vir my my taal en my generasie
Al wat ons het is ons ouers se sondes
en lae-kwaliteit pornografie

Ek weet nie meer wie ek is nie
Ek weet nie meer wie ek is nie

Al ons helde is lankal al dood
Al my vriende is almal al groot

Wie is ek? Wie is ek?
Waar pas ek in?
? Kind van gister se begin

Ek het geluister na Riaan Cruywagen
Ek het geglo Elvis kom nog terug
Ek was daar toe ons nog in Afrikaans kon sing

Ek weet nie meer wat gaan van my kinders word nie
as hulle nooit van die ou dae hoor nie
Maar wie is ek? Wat is my storie?
Wat sal ek sê as hulle my vra?
Hoe was dit dan n daai dae?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top