Tussendeur die tallose misdade wat die Wittes gepleeg het, en steeds pleeg daagliks in Afrika, staan die massamoord op die wilde diere van Afrika uit soos 'n paal bo die water!!
Volgende keer wat jy jou ogies sluit en in 'n beswyming luister na Mozart, onthou dat dit gebeur op die rug van derduisende dooie olifante!
Dis korrek, Europese klaviermakers het ivoor gebruik om klaviere te maak, tot en met daar feitlik GEEN olifante meer oor was nie!!
Dankie Europa!!
Nog 'n wonderlike bydrae van die Wonderlike Wittes tot die absolute vernietiging van Afrika...
Francois Williams


Kommentaar
Dankie vir die agtergrond oor die oorsprong van die wit klawers van die klaviere. Wie sou dit nou ooit kon dink; Wittes wat olifante uitroei vir hul wit tande om die wit klawers te maak. Interessant. Ons wag in spanning vir die agtergrond rondom die swart klawers. Sekerlik gaan jy sorg dat daar so 'n ietsie van 'n apartheidswalm in die verduideliking wees? Komaan, moenie ons teleurstel nie.
In 1979, 'n goeie tien jaar of so nadat Europeërs uit Afrika padgegee het, was die kontinent se olifantpopulasie sowat 1,3 miljoen. Tien jaar later was minder as die helfte daarvan oor. Feitlik elke laaste een van daardie dooie olifante is deur Afrikane geskiet.
Is die Sjinese wit? Wonder net, siende dat agter meeste SWART olifantskieters Sjinese sit wat die ivoor en ook renosterhoring smokkel.
Duitswester
Hello,
Uit sien uit na Francois se goed-bewoorde, wel-deurdagte, feite-ryk antwoord op Wouter se griffel.
Duitswester
Terwyl nou op die onderwerp van mense en gediertes, wat is dit met China en al die varke?
Wouter Ferns...mens wil nie graag so 'n persoon se eerlikheid en integriteit betwyfel nie, en beslis nie sy intelligensie nie, MAAR wat anders kan ek doen wanneer ek die soort van suiwer snert lees?
Of dalk selfs dat Donald die Nar Mcdonalds bestuur?
Of Obama in beheer is van die VSA?
Francois: Dit is nie net wittes nie. Oor die afgelope 100 000 jaar of so het groot soogdiere op massiewe skaal uitgesterf waar Homo sapiens ook al opgedaag het. Die wittes was nie uniek in hulle uitwissingsmanie nie, hulle was bloot beter toegerus. En nou dat Afrikane dieselfde toerusting het, gaan die uitwissing voort.
Francois,
Hello Francois et al,
Dis toe soos ek gevrees het ... die gesprek word nou weggedwing vanaf die ramp wat die Blankes was regoor die wereld heen vir die plaaslike diereryk en die plaaslike bevolkings...na...varke in China toe!! Jaaaa, dis nou een ding waarvan jy NOOIT die Blanke kan beskuldig nie, newwermaaind intellek, maar veral nie intellektuele EERLIKHEID nie...en dis jammer...MAAR die feit bly staan, die Blanks het alles om hulle uitgeroei ...
Hello,
Die stryd oor wie is die slegste gaan voort, die Weste, Sjina in die ooste, of Afrika in die middel.
Soos alreeds gesien wil Francois die gedurige doodmaak van die olifante op die wit westerling plaas.
Neem egter kennis dat hierdie skrywe het nie as oogmerk om die westerling van sy historiese blaam te onthef ie, maar dan moet daardie terme duidelik gemaak word, wanneer 'n argument aangeknoop word.
Die gesprek in hierdie siklus gaan oor die uitwissing van die olifante en Sjina se prominente rol daarin.
Dit is die aspek wat nou ondersoek word en genoegsame detail oor die stand daarvan is alreeds geplaas.
Daar is uitgebrei en is die haglike toestand van die omgewing in Sjina ook ondersoek, wat blyk besaai te wees met verotte karkasse.
Die volgende aspek wat uitgelig moet word is die roeringe wat die afgelope weke uit Afrika gekom oor Sjina se rol in Afrika.
Begin by Jacob Zuma.
Ongeveer drie weke gelede maak Zuma hierdie stelling:
“I’ve said it to the private sector from the western countries: ‘Look. You have got to change the way you do business with Africa if you want to regain Africa. If you want to treat Africa as a former colony ... then people will go to new partners who are going to treat them differently’,”.
Direk gerig op die gallery.
Hy temper homself ook op die volgende manier:
Mr Zuma tempered his argument by highlighting that Europe was still the “big one” including Africa’s “biggest partners in business and trade”. He also echoed his cautionary comments of last year about Beijing, stressing that Africa was aware of the risks of being bossed around by China. “Africa does not want to be dominated again.”
Sjina word dus nie sonder voorbehoud aanvaar as 'n 'redder'nie.
Hierdie word 'n week later beaam soos volg:
Africa must shake off its romantic view of China and accept Beijing is a competitor as much as a partner and capable of the same exploitative practices as the old colonial powers, Nigeria’s central bank governor has warned. Reflecting the shifting views of a growing number of senior African officials who fear the continent’s anaemic industrial sector is being battered by cheap Chinese imports, Lamido Sanusi cautions that Africa is “opening itself up to a new form of imperialism”.
“China takes from us primary goods and sells us manufactured ones. This was also the essence of colonialism,” he writes in the Financial Times.
His remarks are among the most trenchant yet by a serving African official about the continent’s ties with the world’s second largest economy.
Die twee grootse ekonomiese magte in Afrika spreek versigtigheid uit oor die rol van Sjina in Afrika.
Dit is sekerlik stof tot nadenke.
“Mr Sanusi argues that African countries must respond to “predatory” trade practices – such as subsidies and currency manipulation – that give Chinese exports an advantage. He also says the continent must build infrastructure and invest in education so that African businesses can compete for continental trade as Chinese labour costs rise. China is losing that advantage as its economy grows and prosperity spreads. Africa must seize the moment and move manufacturing of goods consumed in Africa out of China to the African continent ... I cannot recommend a divorce. However, a review of the exploitative elements in this marital contract is long overdue.”
Afrika is lugtig vir die Weste, lugtig vir die Ooste, hoe sal wes en oos ooit in die middel ontmoet?
Baie dankie
Wouter
Hello Francois,
Haai ouens,
julle het nou skoon weggehol van die aanvanklike tema af nl. swart klavierklawers se oorsprong. Francois het goedhartig genoem dat ryk boere en veeartse die swart renosters dood. 2 vrae aan Francois; is dit wit boere/veeartse en hoe hou dit verband met die klavier?