"Whatever jy dink" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Whatever jy dink

Ek hoor jou stem weer eggo in die gang
en wonder of jy dink dit maak my bang
Vir jare sterf ek nog elke liewe dag
deur te luister na jou gekerm en gelag
En hierbinne my raak dit nou stil
want jy sal my nie meer breek, kom wat wil

REFREIN:
Want whatever jy dink of doen, ek gee nou op
ek is nog cool en nie jou vloermop
Want whatever jy sê of doen, ek is ook net ? mens
en jy maak ? mens mal, heeltemal kens

Ek hoop dat jy nou jou eie paadjie kan loop
want my liefde sal jy nooit kan koop
Vir ander kan jy `? rat voor die oë draai
maar onthou die wiel sal nooit ophou draai
Wat jy saai sal jy maai, jy het nou jou eie loop gelaai

REFREIN

Dit is nou stil hier in my gemoed
en my hart klop weer sy eie spoed
Ek haal weer asem en ek voel weer vry
my vlerke kan ek nou weer sprei
Nou vlieg ek hoog en vlieg ek weg
my lewe voel weer sommer reg

REFREIN

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top