Wees bang. Wees baie bang. Duistere dinge gaan gebeur en ons mag niks sê nie. Fluister saggies in die hoekies van kroeë en kafees as julle iets weet. Maak seker daar is nie ’n amptenaar naby nie. Hy kan uitgeken word aan sy groot maag.
Al oplossing is om inligting wat jy het uit te smokkel na ’n oorsese koerant. As die London Daily Trash dan ’n klein beriggie daaroor plaas, kan ons koerante dit die volgende dag uitbasuin: "Britse pers beweer Zuma het alweer gestort!"
Steek dokumente wat jy het weg in ’n uitgeholde pampoen in jou pampoenland. Dit is al gedoen in Amerika en het goed gewerk totdat amptenare die man so gemartel het dat hy die pampoen uitgewys het. Maar as jy genoeg dagga rook sal jy self vergeet watter een van die honderde pampoene dit is.
Wees baie bang.
Groete,
Varkspek

