Wes-Transvaal vir Yuri

  • 0

Yuri, jou briefie oor Wes-Transvaal het nostalgie oor my laat spoel. Dis my geboortegrond wat jy van praat, my vrind.

 

Dis seker alombekend dat Elizabeth Eybers se vader ’n predikant was van die NG Moedergemeente in Klerksdorp en dat sy in die dorp gebore is. My ouers is in 1920 deur ds Eybers in die huwelik bevestig en van die ouer kinders in ons gesin is in dieselfde kerk deur hom gedoop.

Omdat sy ook sedert haar geboorte van Wes-Transvaal se skoon lug ingeasem het, kon sy daardie treffende gedig, "Wes-Transvaal" skryf. Die twee laaste verse lees soos volg:

weer oor die naakte vlaktes heen te skou ...
Hoe staar hy so geduldiglik? Hoe het
die hemel hier ’n stiller, wyer blou?

God het geen berge of bosse oorgehad
toe Hy die land moes maak, en kon toe net
die vrede van voleindiging hier laat.

My ouers het my vertel dat ds Eybers bekend daarvoor was dat hy baie lang gebede, deurspek met kleurryke woorde, gebid het.

Enjee

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top