"Werklikheid" deur Monique Gerrits

  • 0

Werklikheid

My kinderjare roep my terug
Dit was die dae toe ek kon ontvlug
Van hierdie onrealistiese realiteit
Dit was die dae toe ek vir myself kon besluit
Wat gebeur volgende in hierdie storie.

Koor
Daar’s geen geheim jy moet oplet
Op die fyner detail van die lewe
Wat is werklikheid nou eintlik
My drome in die nag of my gevoelens deur die dag.

Ek noem dit die lewe
Die tye wat ek myself kon vergewe
Nou’s dit in die verlede
Maar dit roep my naam
Vra of ek saam wil gaan.

Op hierdie reis
Sal ek myself bly
Agter in die agterplaas myself verbeel
Hierdie is ’n speelgoedwinkel waarin ek speel
Waar ek alles kry wat my hart begeer.

In my ander realiteit is daar hekse en drake
Dis daar waar gevoelens nie saak maak
Maar in my werklikheid is daar kastele
Mense wat mekaar help en werklik lewe.

Ek wens ek kon weer daai kind wees
Wat sorgvry leef wat net myself wou wees
Hierdie is die kringloop van die lewe
Dit begin waar dit wil en eindig waar dit sal
Maar tussen-in moet jy doen wat jy kan.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top