Werk?

  • 1

Rede Nr 5306 waarom die Afrikaners gefok is in hierdie land (en hierdie het vandag plaasgevind) :

"Ek soek werk meneer. Het meneer vir my werk?"

"Nee. Ek het reeds te veel mense in diens en ek het klaar nie genoeg werk vir almal nie en ek sit met 'n spul wittes wat te sleg is om te werk en ek voel skuldig ... o, nee ou mater, ek het nie werk vir jou nie."

Die skraal man sit dus die res van die dag buite en ek sien hy vra by elke voertuig wat stop maar ek sien ook hy bedel nie.

Sy ras is nie ter sprake nie, want al is hy pikswart is hy in my oë 'n Afrikaan soos ekke. Staan ek agter die byl want die baas wat opdragte uitdeel en met 'n das sit is 'n kak baas en ek sien later toe dinge begin woelig raak en die klante begin mor dat die man homself sommer so gehire het hier op my werf.

Ek sluk swaar aan die nuwe man se self-aanstelligheid en netnou, lank na die son gesak het en ek kom asem skep met 'n stywe KWV-brannewyn en coke sien ek die man staan in die ligte se lig en sakke aandra. Roep hom nader:

"Ek sien jy is vaal, my maat. Het jy al vandag kos oor jou lippe gehad?"

"Ek het nog nie vandag geëet nie, meneer ..."(fok weet waarom mense altoos met hierdie fokken meneer besigheid kom).

"Niks?"

"Niksie, meneer. Die mense het gesê miskien sal meneer 'n los werkie hë ..."

"Vanwaar kom jy my ou maat?"

"Ek’s van Namakwaland, meneer. Nou vyf jaar hier in Asla. Ek hou van werk, meneer ..."

"Ja, ek hou self baie van werk, ek sal heeldag sit en kyk hoe mense werk ..."

"Dissie wat ek bedoelie meneer ..."

Goddank vir polony en droë brood en coke. Want wat sou die wêreld daarsonder wees?

Ek sit en kyk die dankbare man en ek sluk nie lekker aan my brannas en coke nie want fok weet, as jou beste maaltyd brood en polony en coke is dan wonder jy dalk nie oor die rykes se wroegings oor goed wat vir hierrie man en vir my sinneloos is nie.

Ek bekyk my mense om my en ek vra my werkers of hulle nie gesien het die man is honger nie? Hulle beduie my alte filosofies en argeloos hand innie wind dat hulle nooit so opgelet Hettie ...

"Ek het die man daar gesien sit, maar hy's fokkol van my ..."

"So jy het hom nie gevra of hy honger is nie?"

"Nee."

Daarom is ons gefok. Al preek ons van die hoogste stoele af en predik ons vir ewig vanuit Frankryk en Oz en, ag toemaar ... hier’s te veel honger mense en die las raak al erger op die paar van ons wat nog oor is.

oester

  • 1

Kommentaar

  • Ek lees wat jy sê en stem halfhartig saam. Daar is litte van die samelewing wat vir jou vet mooi nokkol voel. Ek is skaam om dit te sê, maar die sekere wittes in die land sal oor jou en verby jou loop sonder om hulp aan te bied. Ek kry nou die dag bietjie stry met 'n pel van my. Hy kla oor die situasie in die land. Ek vra hom toe of hy slegter af is as 24 jaar terug, waarop hy nee antwoord. Ek vra hom of hy al werkloos was, sy antwoord nee. Toe vra ek hom waaroor kla hy. Ek self was al "werkloos" vir 'n hele paar jaar. My eie toedoen. Niemand het na my toe gekom en gevra is jy "ok" nie. Niemand het my hulp aangebied nie. Ek het ook nie gaan bedel nie. Dieselfde pel van my het 'n moerse lang storie gehad toe ek hom vra om 'n lening vir sowat drie maande om die besigheid wat ek begin het te finansier. Hy gaan koop toe vir hom 'n nuwe kar van R280 000. Ek kry toe werk as 'n sekuriteitswag met dieselfde salaris as die res van die personeel. Dit was my "steppingstone". Ek werk vandag vir myself. Ek soek tans dringend personeel om te werk. Ek kry nie mense wat bereid is om te doen wat ek doen nie. Ek praat van alle kleure. Hulle het nog nie honger genoeg gehad nie. So 'n ou moenie by my kom kerm oor kry nie werk nie. As jy nie kry nie maak jy vir jouself werk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top