Werd om te hoor: Dr Mamphela Ramphela asook Julian Barnes

  • 5

Hello, 

Dr Mamphela Ramphela was op 3 April 2013 die gas van Leonard Leopate van WNYC, die radiostasie van voorkeur in New York. Die gesprek open met 'n verwysing na Nelson Mandela wat op daardie stadium nog in die hospitaal was en word die vraag dan gevra of die aard van die land verander het na die aftrede van Nelson Mandela. 

Dr Ramphela is huiwerig om alles op die skouers van Mandela te plaas, maar bevestig dat die ANC het die uitdaging om 'n vooruitstrewende en vry land daar te stel onderskat. Die onderwerp van ongelykheid word ook geopper en die onsukses om dit aan te spreek. Hierdie mislukking word deur dr Ramphela beskou as die kern uitdaging wat aangespreek moet word en die hoof doelwit van die Agang-beweging. Die restourasie van die belofte wat met bevryding gekom het.

Die vraag word ook gevra oor hoekom Suid-Afrika nog so verbasend stabiel is. Die word deur dr Ramphela toegeskryf aan die geduld wat die meerderheid van die burgers nog steeds betoon, ongeveer 20 jaar later na bevryding. 

Hierdie bied nogsteeds 'n geleentheid vir verbetering maar kan nie vir altyd uitgestel word nie. 

Korrupsie en aanspreeklikheid word ook bespreek, en dat 'n onlangse meningsopname aandui dat hulle ontevrede is met die rigting waarin die ANC beweeg. 

Die landkwessie word ook bespreek en word die teenstelling met Zimbabwe uitgewys en die feit dat Suid-Afrika 'n grondwet wat sulke vergrype soos die in Zimbabwe belet. 

Leonard Leopate bevraagteken ook Suid-Afrika se ondersteuning van Zimbabwe en wil weet hoekom Suid-Afrika nie sterker staan teen die vergrype van Zimbabwe se Robert Mugabe. 

Ander kwessies, soos verkragting, geweld, en die vigs-pandemie  word ook bespreek en die verhouding van Ramphela met Steve Biko in lewe asook haar inlandse verbanning.

So is die terugkeer wat Henn beweer die nuwe verlange van die bevolking vandag.  

Die onderhoud kan hier gevind word.

Leonard Leopate sluit af om die toekomstige president van Suid-Afrika te bedank vir die onderhoud. 

---

Die tweede onderhoud van belang verlede week, ook op 3 April 2013, is deur Mark Lawson van BBC Radio 4, se Front Row-program en volg op 'n reeks onderhoude wat in die Britse media aan die einde van Maart gepubliseer was en verwys die inleiding van die volgende nota na die onderhoude wat die BBC Radio 4 onderhoud voorafgaan. 

Die naweek was daar 'n onderhoud met Julian Barnes gepubliseer waarin sy nuwe boek, Levels of Life, bespreek word.

Die boek bestaan uit drie dele. Deel een en twee behandel Frankryk laat 1900's met verwysings na Sarah Bernhardt, die aktrise, 'n soldaat met die naam Fred Burnaby, en laastens Gaspard-Félix Tournachon bekend as Nadar. Die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n lugfoto vanuit 'n lugballon van Parys te neem.

Die laaste deel van Levels of life bespreek die afsterwe se vrou in 2008 en die routydperk na haar afsterwe.

Barnes verbind die drie dele op die volgende manier:

"At the time, Nadar's photos were as disturbing as they were beautiful and they remain so today. To look at ourselves from afar, to make the subjective suddenly objective: this gives us a psychic shock.It is similar to the shock one gets from grief; that moment of seeing oneself suddenly, appallingly out of context, the co-ordinates as off as in a drawing by Escher."

Aanvanklik wou Barnes die verhaal van Eurydice en Orpheus gebruik as 'n manier gebruik om sy gedagtes te struktureer maar het besluit op die volgende.

"But at a certain point I thought, no, I have to do that straight rather than through myth. And I don't want to do it in fiction. I have to do it absolutely straight and head on. So the development process was both organic and slightly mysterious, in the way that it sometimes is.  What was taken away is greater than the sum of what was there. This may not be mathematically possible; but it is emotionally possible".

Die verlies weens die afsterwe van sy vrou was intens aangesien die pilaar van sy lewe verkrummel het:

"I was 32 when we met, 62 when she died. The heart of my life; the life of my heart." "You put together two things that have not been put together before and the world is changed."

Soos verwag kan word, beroof die verlies, Barnes van die lus asook die wil om te leef en bied Barnes daarmee 'n erkentenis wat sonder twyfel as universeel beskou kan word. Barnes rou oor haar afsterwe "uncomplicatedly and absolutely", and misses her "in every action, and in every inaction".

Barnes brei egter uit en erken ook dat vir die eerste keer het hy selfmoord oorweeg:

“The question of suicide arrives early, and quite logically. I knew soon enough my preferred method – a hot bath, a glass of wine next to the taps, and an exceptionally sharp Japanese carving knife. I thought of that solution fairly often, and still do.”

Die bestaan van die huidige boek bevestig vanselfsprekend dat Barnes dit nie deurgevoer het maar dui Barnes ook aan dat die versoeking is nog steeds aanwesig. Die impuls word beveg net deur die besluit van Barnes waarin om die onthouer, "rememberer" van sy vrou te wees.

Die slotsom is dalk soos volg:

"In so far as I have successfully evoked or described grief, I would be describing my love for her."

Die onderhoud kan hier gevind word.

Baie dankie

Wouter

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Wouter, die eerste deel wat jy hierbo aangee, is beslis nie objektief nie. Dit straal ‘n verskuilde agenda van iemand wat sy eiesoortige Ingelse-ideologie vir Afrika wil propageer. Ek sal my beslis ook nie op jou soort inligting verlaat nie (dis tog so duidelik aan die Korpokrasie se plan onderhewig)... jy weet ook duidelik bitter min van jou "toekomstige president" se manewales (moet ek dalk uitbrei?)... - wat het julle Antie aan die Kolonie verkeerd gedoen, dat 'n Afrika-ousus julle Ingelse nou so opgewonde maak?  Boeregroete, Cornelius

  • Cornelius, 
     

    Die eerste deel is beslis nie subjektief nie en is daar geen verskuilde agenda nie. Hierdie is persoon wat besorg is oor die land en sy mense en daarom 'n verskil wil maak met haar beweging en verdien sy ondersteuning. 

     
    Daar is ook niks verkeerd met die inligting waarop ek steun nie, dit is veel meer betroubaar as enige kwakkery waarmee jy hier aankom en kan jy wens om so 'n wye verwysing soos ek bied te kan volg. 
     
    Met jou is dit net die 'KORPORASIE', 'DIE GELDMAG', bangmaak, die hele dag, elke dag. 
     
    Sameswering om elke hoek en almal behalwe jy is gebreinspoel. 
     
    Dit is net gevoelens, harte en dit wat jy ervaar. Alles geskied in die gemoed van Cornelius en alles daar buite is leuens.  
     
    Besef jy hoe absurd daardie stellings van jou is en dit afgelag moet word. 
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wel Wouter,  

    Jy het duidelik ontkom aan al jou subjektiewe bronne en inligting uit die korpokrasie.  

    Jou onthutstheid bewys duidelik hoe erg jy gebreinspoel is.  

    Ek deel die volgende algemene kennis, spesiaal met jou:  

    In 1996, twee jaar na die aanbreek van die grote demokrasie, is Dr Mamphela Ramphela aangestel as vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad.  

    Die uiteinde: Die universiteit kon slegs vier jaar lank, haar bestuur verduur - die kortste tyd wat enige visekanselier by die Universiteit van Kaapstad in die pos gedien het!  

    Nes jy, is jou "toekomstige president" se onvermoë om objektiewe raad te aanvaar, glo haar grootste bate. Haar besluit om AL die kunste en sosiale wetenskappe in 'n reuse-fakulteit saam te snoer (selfs groter as die hele Rhodes Universiteit), was een van vele 'n rede onder haar 'lyding', die onvermydelike ondergang van die instelling.  

    Dit het glo die Universiteit van Kaapstad, sewe jaar geneem het om van die skade wat jou "toekomstige president" aangerig het, te herstel.  

    Na haar beweerde vernietiging van die UK, is jou "toekomstige president" genader om as voorsitter van die Independent Development Trust te sit. Die IDT was 'n besonderse organisasie, al is dit deur die gehate Apartheidsregering opgerig. Dit had nie net miljoene nie, maar miljarde in die bank.

    Die ANC-regering het jou "toekomstige president" genader om al die IDT se geld te oorhandig - iets wat sy natuurlik sonder huiwer gedoen het. Vandag kan Dr Mamphela Ramphela, gewis onthou word as die vrou wat al die IDT se geld, getrou aan die ANC-kaders oorhandig het.  

    En dan Wouter, jou "toekomstige president" is in die jaar 2000, as een van baie vise-presidente en direkteure by die Wêreldbank aangestel.

    Ja, wil jy glo!

    Binne weke het hulle hul fout besef. Selfs James Wolfensohn, het dit ook besef. Jou "toekomstige president" se kontrak is toe nooit, soos enige ander met regte vermoëns, hernu nie. In 2004 verlaat sy tot groot verligting van almal daar, die bank...

    Tog het jul Antie in die Kolonie haar op 'n stadium genooi om die DA oor te neem. Hoe desperaat kan julle Ingelse wees? Ek weet nie wat Helen Zille vandag na haar nalewe ophemeling van jou "toekomstige president" dink nie, maar Dr Mamphela Ramphela se rampspoedige versugting na roem, en die DA se inploffing, is beslis 'n gegewe - maak nie saak hoe daar gekruip word nie!  

    Wat gaan daar vir jou "toekomstige president" oor wees om te vernietig, veral gemeet aan ons huidige stand "bearable dissatisfaction", volgens jou Wouter?

    Dis slegs enkele feite uit my kosbare tyd gedeel - ek sal verseker (en in ieder geval), dringend moet plek soek om te vlug - veral voor jou toekomstige president profesie, ook nog waar word!  

    Boeregroete,  

    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

    Baie dankie vir die artikel en neem ek werklik kennis, dit was insiggewend, my oor het ook al 'n opmerking gevang waar van die probleme met haar uitgelig is, maar was daar nie baie detail in die gesprek op daardie stadium. 

    Maar soos dit is, sy sal nog baie wind van voor kry en sal 'n goeie profiel van haar wat die goed en die sleg aandui sekerlik nog kom. 

    Tot op datum is die rapportering nog net ondersteunend, dat 'n profiel wat alle aspekte sal uitlig, baie waardevol sal wees. 

    Baie dankie

    Wouter

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top