"Wens" deur Nicholas Muller

  • 0

Wens

Ek wens ek kon net wegraak
Ek wens ek kon verdwyn
Ek wens ek kon net hardloop
Weg van al die pyn

Ek wens jy kon my wegvat
Ek wens jy kon my steel
Ek wens jy kon my net ontvoer
want alles raak te veel

Ek wens ons kon hier wegkom
Ek wens ons kon net vlug
Ek wens ons kon ontsnap
En keer net nooit weer terug.

Maar wense is net drome
en drome 'n fantasie
Jy sê dit is nie waar nie
maar wat is dit dan dié?

Ek wens ek kon jou vashou
Dat jy net aan my behoort
Maar wense bly net wense
en wense net ? woord

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top