Wenners van Wiskunde-in-Aksie spoedig bekend

  • 0

Die wenners van die Wiskunde-in-Aksie word op Saterdag 15 November tydens Wiskunde-Pretdae in Pretoria, Port Elizabeth, Potchefstroom, Stellenbosch en Bloemfontein bekendgemaak.  Kontakbesonderhede van persone wat in die verskillende streke met die Wiskunde-pretdae leiding neem word hieronder verstrek. Mnr Hennie de Wet is oorhoofs die projekleier.

Nagenoeg 3 000 leerders het aan die Wiskunde-in-Aksie vir graad ses en graad sewes wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie aangebied is, deelgeneem. 

Die doel van hierdie gesamentlike aksie is om die nasionale poging te steun om die vlak van wiskunde-geletterdheid in die land te verhoog en jong uitblinkers te identifiseer. Wiskunde is die ruggraat vir die opleiding van professionele beroepslui soos ingenieurs, argitekte, dokters, en dies meer.  Die Aksie word beskou as 'n belegging vir Suid-Afrika se toekoms, het die hoof uitvoerende beampte van die SA Akademie, Dion? Prinsloo, gesê.

Laerskole is landwyd genooi om hulle graad ses- en graad sewe-leerders in te skryf vir dié Aksie wat behels dat hulle onvoorbereid 'n gevorderde wiskundevraestel moes beantwoord en ook motiveer waarom wiskunde vir hulle belangrik is.  

Die 30 beste presteerders in elke streek is uitgenooi na die Wiskunde-Pretdae.  Hier word hulle deur verskillende aanbieders landwyd blootgestel aan opwindende moontlikhede wat deur wiskundige kennis ontsluit kan word en word die algehele wenners van die Aksie ook beloon.

Die SA Akademie, in samewerking met die SAOU, beoog om die Wiskunde-in-Aksie in die toekoms veel wyer uit te brei.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top