Wenners van die Nasionale Skryfwedstryd van die BSV 2019 bekend gemaak

  • 0

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse nasionale skryfwedstryd is vir die 10de agtereenvolgende jaar met R18 000 geborg deur die hoofborg, die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat! Die BSV en Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) is al vir dekades vennote, en die BSV-skryfwedstryd word jaarliks gedeeltelik geadministreer deur NALN, wat die pos ontvangvanjaar weer ’n goeie oes van kort onder 1 000 inskrywings! Dis die grootste skryfwedstryd van sy soort sedert sy ontstaan in 1979, met inskrywing uit alle provinsies van Suid-Afrika, lande in Afrika en oorsee. Volgens Corlietha Swart, voorsitter van die BSV, getuig die uitslae weer vanjaar van ’n stryd van gedugte oudwenners, met ’n paar splinternuwe “buiteperde” tussenin. Opvallend genoeg het Ope: afdeling C vir reeds-gepubliseerdes groot groei getoon ten koste van afdeling B (ongepubliseerdes). Dit is dus toenemend gevestigde skrywers wat in hierdie afdeling swaarde kruis. Die BSV kan met trots terugkyk na ’n hele lys gerekende en bekroonde skrywers wie se sluimerende skryftalent aanvanklik deur die BSV-skryfwedstryd uitgewys en in baie gevalle daarna met ’n slypskool ontwikkel is – Fanie Viljoen, Jaco Jacobs, Carina Diedericks, Piet Steyn, Japie Bogaards, Sonja Loots, Carina Stander, Ruan Fourie en die gereelde BSV-wenner Hilda Smits (van Nashville, VSA) wat in 2016 as digter by Protea Boekhuis gedebuteer het, haar bundel by die BSV in NALN kom bekendstel het, en in 2017 daarvoor vereer is met die Ingrid Jonkerprys! Hannes Visser van Oudtshoorn, een van ons gereelde wenners, het ook onlangs gedebuteer en sy besonderse debuut onlangs by die BSV in ’n volgepakte NALN-saal kom bekendstel! Alle eer aan die vier onafhanklike en kundige beoordelaars wat jaarliks met anonieme beoordeling een na die ander skrywer met potensiaal om te debuteer, trefseker tussen honderde BSV-inskrywings identifiseer. Die vier is die oa ATKV-bekroonde digter-medikus Gilbert Gibson, die Huisgenoot-bekroonde liriekskrywer-digter-akademikus Dave Lubbe, die akademikus in drama en letterkunde Anthea van Jaarsveld, en die skrywer-akademikus Manie Wolvaardt, wat al vir dekades lank ‘n BSV-beoordelaar is.

Altesaam R18 000 se pryse is vanjaar uitgeloof en vyf BSV-wisseltrofeë vir skole en drie ope-trofeë was op die spel. Hoërskool DF Malan het vanjaar oudergewoonte vier kategoriewisseltrofeë, die Junior- en Seniortrofeë, die Gerhard Beukes-wisseltrofee vir die skool van die algehele skolewenner, asook die prys vir die skool met die meeste inskrywings ingepalm. Die Skole: Poësie-wisseltrofee is verower deur ’n leerder van Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural.

Al die bekroonde inskrywings en ook die beoordelaarsverslae sal in Inkvars 2019 gebundel word en op 24 Augustus 2019 bekendgestel word wanneer die pryse by die BSV se jaarlikse Slypskool vir Ontluikende Skrywers, vanjaar met die veelbekroonde Karin Brynard, by die Noorderbloemsaal in Bloemfontein oorhandig word. Benewens die prysgeld, sertifikaste, publikasies en trofeë kan die skryfwedstrydwenners die dag lange slypskool as deel van hul prys gratis bywoon. Beskikbare plekke vir die publiek is alreeds besig om vinnig minder te word. Belangstellendes wat die dag lange slypskool teen R420 wil bywoon (BSV-lede betaal R270), of Inkvars 2019 teen R100 per eksemplaar wil bestel, kan die BSV by bloemsv@gmail.com kontak, of ’n privaatboodskap op die BSV se Facebookblad laat.

Wenners van die BSV se Skrywers 2019

SKOLE: PROSA-AFDELING (A)

JUNIOR AFDELING (gr 8 en 9)

1ste (R1 500) en trofee: Emma Olivier, gr 9, Hoërskool DF Malan, Bellville
2de (R800): Suné van der Walt gr 9, Hoërskool DF Malan, Bellville
3de (R500): Anja le Roux, gr 8, Hoërskool DF Malan, Bellville
Eervol vermeld: Antoinette Myburgh, gr 9, Hoërskool Durbanville

SENIOR AFDELING (gr 10–12)

1ste (R1 500) en trofee: Jaco Wagener, gr 12, Hoërskool DF Malan, Bellville
2de (R800): Ila Alberts, gr 11, Hoërskool DF Malan, Bellville
3de (R500): Mari-Liza Coetzee, gr 11, Hoërskool DF Malan, Bellville
Eervol vermeld: Cindy Esterhuyse, gr 10, Hoërskool DF Malan, Bellville

ALGEHELE SKOLE-PROSAWENNER: GERHARD BEUKES-WISSELTROFEE

Jaco Wagener, gr 12, Hoërskool DF Malan, Bellville

SKOLE: NIEMOEDERTAALPRYS (Aanmoedigingsprys: R500)

Sesothosprekend: Refiloe Moshata, gr 11, Langenhoven Gimnasium, Oudtshoorn

SKOLE: POËSIE-AFDELING (DS)

1ste (R1 500) en trofee: Duné van Jaarsveld, gr 11, Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural
2de (R800): Lané Rossouw, gr 11, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein
3de (R500): Kaitlin Els, gr 11, Oranje Meisieskool, Bloemfontein

OPE: AFDELING B (Nog nie voorheen gepubliseer teen vergoeding nie

1ste (R1 500) en trofee: Adelle van Wyk, Vredendal
2 de (R900): Rina Bester, Rustenburg
3 de (R500): Jan Venter, Houghton-Estate
Eervol vermeld: Rina Bester, Rustenburg

OPE: AFDELING C (Voorheen gepubliseer teen vergoeding)

1ste (R1 500) en trofee: Leunis van Rooyen, Brixton
2de (R900): Leunis van Rooyen, Brixton
Eervol vermeld: Coen Basson, Oudtshoorn

OPE: AFDELING D (Poësie)

1ste (R1 500) en trofee: Marieta McGrath, Somerset-Wes
2de (R800): Leunis van Rooyen, Brixton
3de (R500): Gideon Bruckner, Somerset-Wes

TROFEË

HAUM-Literêr-trofee vir skool van wenner in Junior-afdeling: Hoërskool DF Malan, Bellville
Olivier-wisseltrofee vir skool van wenner in Senior-afdeling: Hoërskool DF Malan, Bellville
Gerhard Beukes-wisseltrofee vir skool van algehele skolewenner: Hoërskool DF Malan, Bellville
Vrystaat-wisseltrofee vir skool met die meeste inskrywings (plus R1 000): Hoërskool DF Malan, Bellville
Poësie Skoletrofee vir skool van wenner in poësie: Hoërskool Melkbosstrand, Milnerton-Rural
Wisseltrofeë vir die drie Ope-afdelings word ook aan individuele eerstepryswenners van Vredendal, Brixton en Somerset-Wes toegeken

BAIE GELUK AAN AL DIE WENNERS!

Mediavrystelling: Corlietha Swart (Voorsitter: BSV)

 

Hier is nog inligting oor die slypskool wat binnekort plaasvind. Laai dit af in PDF-formaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top