Baie dankie, almal, wat deelgeneem het aan die "Nou dis wat ek ’n goeie storie"-kompetisie op SêNet.
Op die informele prysuitdelingsfunksie versoek ek Jan Rap om asseblief verhoog toe te kom vir sy inskrywing "’n Goeie storie". Ook vir Anna Ahllers met haar inskrywing "Joop". Vanuit die bloggergeledere wink ek vir Frederik nader, wat in sy blog oor hierdie kompetisie geskryf het.
Julle het as deelnemers vir my uitgestaan.
Die CD, of dit nou in sy smaak val of nie, word egter oorhandig aan oester - en die hoofrede vir die toekenning van die prys is die entoesiastiese deelname.
Aan letterlik elke mens wat hier lees: moet egter beslis nie vergeet van ons ander kompetisie wat nog steeds aan die gang is nie. Skryf is ’n werkwoord (om vir Chanette Paul hieruit aan te haal), maar hierdie boek maak mens lus om hierdie werk aan te durf. En daar is wenke uit die penne van heelwat skrywers wie se boeke jy reeds baie liefhet. Dis maklik een van die lekkerste pryse wat ons in ’n lang tyd gehad het om weg te gee, dink ek.
Groete,
Naomi M


Kommentaar
Dankie Naomi; dië keer stem ek saam!! En dankie aan Jan Rap - jy stel die saak mooi duidelik, veral jou laaste paragraaf!!! Groet'nis aan almal.
Dankie Naomi en Anna. Geluk oester!