Wen kaartjies vir Van Coke Kartel, Jack Parow en Heuwels Fantasties by Kirstenbosch

  • 0

 

Van Coke Kartel se vierde album, Wie’s Bang word in November 2011 deur Supra Familias uitgereik. Hierdie nuwe album volg hul drie multi-bekroonde albums, Van Coke Kartel (self-getiteld), Waaksaam & Wakker en Skop, Skiet en Donner. Die laaste twee albums het SAMA toekennings vir “Beste Afriaanse Rock” album gewen en die eerste album het ‘n SAMA nominasie in dieselfde kategorie ontvang.

Die Beste Nog:

Wie’s Bang is Van Coke Kartel se eerste album met die nuwe vierstuk wat Jedd Kossew (hoofkitaarspeler) en Jason Oosthuizen (tromme) insluit.  Jedd en Jason voeg hul unieke musikale geur by om die band se beste werk tot op datum te bring.  Bekroonde musiekvervaardiger, Theo Crous van Bellville Studios, het die album vervaardig en beskou dit as die “bes klinkende album” wat tot op datum uit sy studio gekom het.

Van Coke Kartel stel die nuwe album met n lekker wye toer tydens November en Desember bekend:

Jagermeister, Monster Energy, Macbeth Footwear en Music Connectionbied aan:
Die Wie`s Bang Launch Toer:

Die splinternuwe album ''Wie's Bang'' asook nuwe Van Coke Kartel T-Hemde ensovoorts sal by al die shows beskikbaar wees:

Toerskedule:

26 November – Ultra Fest, Voodoo Lounge, Linksfield Road, Johannesburg (met Die Heuwels Fantasties)
27 November – Kirstenbosch Botaniese Tuine Gardens, Kaapstad (met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties en JR)
29 November – Firkin Centurion (gratis toegang)
30 November – Barcode Night Club, 122 North Rand Road, Boksburg, Johannesburg (met die Tuin Dwergies en One Day Remains)
1 Desember – FTV, Silverstar Casino, Featherbrook, Muldersdrift, Krugersdorp
2 Desember – Arcade Empire, Pretoria (met Springbok Nude Girls)
3 Desember – Tanz Cafe, Four Ways, Johannesburg (met Springbok Nude Girls)
10 Desember – Bucklys, Edward Street, Bellville (met aKING en Loutjie Rothman)
28 Desember – Zanzibar Plettenbergbay
30 Desember – Cafe Havana, J-Bay (met die Tuin Dwergies)

Besonderhede:

Datum: Saterdag 26 November
Plek: Voodoo Lounge, Linksfield
Toegang: R100 – VIP Playboy tent- R250V
Voorverkope :R80 – VIP Playboy Tent- R200
Kontak: 011 815 4661 
Tyd: Van Coke Kartel op stage: 17:15-18:15

Sondag 27 November 2011
Met: Van Coke Kartel, Jack Parow, Die Heuwels Fantasties en JR.
Plek: Kirstenbosch Botaniese Tuine, Kaapstad.
Kaartjies: R100, Botaniese lede: R90, kinders ( 6 to 12): R75, kinders onder 6: gratis.
Kaartjies beskikbaar by: www.webtickets.co.za
Kontak: Kirstenbosch Info: 021 799 8783, www.sanbi.org.za
Hekke oop: 16h00, Konsert: 17h30 to 19h00

Datum: Dinsdag 29 November 2011
Plek: Firkin Centurion
GRATIS TOEGANG
Tyd: Deure oop 19h00. VCK op verhoog 21h00.

Datum: Woensdag 30 November 2011
Met: Van Coke Kartel, Die Tuin Dwergies en One Day Remains
Plek: Barcode Night Club, 122 North Rand Str, Boksburg, Johannesburg
Toegang: VIP voorverkope: R100. Kontak STORM by 071 303 3333. R50 voor 22h00 en R70 na 22h00 by deur.
Kontak: 011 894 7761
Tyd: Deure maak 20h00 oop.

Datum: Donderdag 1 Desember 2011
Plek: Fashion TV Lounge, Silverstar Casino, Featherbrook, Muldersdrift, Mogale City (Krugersdorp)
Toegang: Voorverkope R80. Bel: 011 662 1317 / 8. R100 by die deur.
Kontak: 011 662 1317 / 8
Tyd: Deure maak 19h30 oop.

Datum: Vrydag 2 Desember 2011
Met: Van Coke Kartel, Springbok Nude Girls, Action Thrillers en Planet Joy
Plek: Arcade Empire, Cnr Hans Strydom and N4, Pretoria
Toegang: Beperkte voor af kaartjies teen R80 p/p en R100 by die deur.
Kontak: Robert Peirera /  0720206120 / robert@iloveptown.co.za
Tyd: Deure maak 20h00 oop.

Datum: Saterdag 3 Desember 2011Met:
Met: Van Coke Kartel, Springbok Nude Girls, Action Thrillers and Planet Joy.
Plek: Tanz Cafe, Buzz Winkelsentrum,Witkoppen Rd, Johannesburg
Toegang: Voorverkope via http://www.tanzcafe.co.za  R120 p/p. Kaartjies by deur is R150
Kontak: 011 658 0277 / garrick@tanzcafe.co.za
Tyd: Deure maak 20h00 oop.

Datum: Saterdag 10 Desember 2011
Met: Van Coke Kartel, aKING, Louwtjie Rotman, Chris Tait en DJ Sidehow
Plek: Buckley's, Edward Straat, Bellville
Toegang: R50
Kontak: 021 910 4458
Tyd: Deur maak 19h00 oop.

Date: Woensdag  28 Desember 2011
Venue: Zanzibar Plettenberbay
Toegang: R50
Kontak: 0726261111
Time: Deure maak 20h00 oop. Van Coke Kartel se optrede begin 22h00.

Datum: Saterdag 30 Desember 2011
Met: Van Coke Kartel, Die Tuin Dwergies
Plek: Cafe Havana, Times Square Jeffreys Baai.
Toegang: Voorverkope R100, by die deur R120
Kontak: 0846060371, corrie@jbay.co.za
Tyd: Deure maak 18h00 oop.

Van Coke Kartel tree ook tydens die Sesde Avontoer op by die volgende plekke:

Sesde Avontoer:

21 Desmber – Club Mykonos, Langebaan
23 Desember – Cheers Pub, Struisbaai
27 Desember – Sandbaai Saal, Hermanus
29 Desember – Diaz, Mosselbaai
31 Desember – Stilbaai (11h00 – 12h00)

Verdere optredes om voor uit te kyk:
31 Desember – Tuks New Years Party, Hatfield Square, Pretoria

Geen Vrees:

Van Coke Kartel is nie bang om te eksperimenteer nie en lewer ‘n uiteenlopende klank, van harde rock songs tot klassieke rock ballades, met ‘n paar elektroniese elemente in die mengsel ala Skop, Skiet en Donner.

`n Paar lekker verrassings kan ook verwag word.  Van Coke Kartel span kragte saam met Zebra & Giraffe op hul eerste Afrikaans/Engelse liedjie, “Siener.”  Al die Bellville ouens kom bymekaar as die “Bellville Koor” op die eksperimentele song, ‘Nevermind”, en Jack Parow sluit by die partytjie aan op ‘Chaos.”
Wie’s Bang handel oor politiek soveel as partytjie, en bring die luisteraar te staan voor die apokaliptiese hart van Van Coke Kartel.

 Vir Almal:

‘Vir Almal” was die eerste lusmaker enkelsnit wat in September uitgereik is. Die snit kan gratis afgelaai word en was binne die eerste 24 uur vandat dit beskikbaar gestel is reeds 7 000 keer afgelaai. “Vir Almal”is by B# Studios opgeneem en is vervaardig deur Peach van Pletzen.

Laai Vir Almal af by: http://www.vancokekartel.co.za/music/
Die musiekvideo is besig om MK se Top 10 te klim en is ook te sien by: http://www.vimeo.com/29032665

Wie’s Bang Strokiesprentboek:
As deel van die Wie’s Bang-veldtog, is Van Coke Kartel in die proses om ‘n reeks van vier strokiesprentboeke aanlyn vry te stel.  In die strokiesprente stel oorlede Kurt Kobain die uitdaging aan Van Coke Kartel om ‘n rocking album te skryf.  As hulle nie daarin slaag nie, is hulle gedoem om vir die res van hul lewens sokkie treffers uit te voer …

Die strokiesprente sal vrygestel word op ‘n beperkte uitgawe op `nUSB-stokkie, sowel as in gedrukte formaat teen Desember.  Die eerste twee strokiesprente is reeds aanlyn vrygestel.

Eerste comic:  http://zefshop.com/digital-products/wies-bang-van-coke-kartels-comic-book-1/

Tweede comic:  http://zefshop.com/digital-products/van-coke-kartel-wies-bang-comic-2/

 Airborne:

Van Coke Kartel sal ‘n nuwe aanlyn sisteem bekendstel waar fans by hulle kan aansluit in ‘n aanlyn wêreld waar hul musiek gratis beskikbaar sal wees.  Fans sal ‘n maandelikse fooi van $1 gehef word om ‘n Draer (Carrier) te word.  Draers sal in staat wees om verskeie onuitgereikte liedjies, B-sides, live shows en nog inhoud gratis te kry.

Meer besonderhede sal binnekort vrygestel word.  Sien www.airbornemusic.com vir meer inligting.

LitNet gee twee kaartjies na hierdie vertoning weg. Stuur jou naam, adres en kontakbesonderhede na wen@litnet.co.za om in aanmerking te kom.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top