"Wegbreek" deur AJ van Niekerk

  • 0

Wegbreek

Ek’t nooit besef almal is deesdae ’n komediant
Ek speel mos die rol van die teikenmerk.
Almal is net tweegesigte
En almal is fine met dit.

Ons Lewe lewe in die hemel en leef saam Lucifer se personeel
Maak my die swart skaap om jouself beter te voel.
Moet ek ook ’n platespeler wees? Heeldag ’n naald in my arm hê
Hoekom wil ek gelyk raak met jou wêreld?

Teenstrydigheid is orals gevind
Is die leuens al wat ons aan mekaar bind
Kan iemand die naelstring afknip?
Ek wil wegbreek

Oordele spat van alle kante
Kan iemand my wys waar’s my Niemandslande?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top