"Wees" deur Tanja Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Tussen dinge wat gebeur
Tussen jou hart en die seer
Maak nie saak hoe dit gebeur
Maak net seker dat jy weet
Dat jy vashou aan die Een, dat jy vashou
Want kyk, jou tyd is min en vyf sekondes word jou leeftyd
As jy lewe vir jouself staan jy altyd alleen
Maak nie saak of jy op die drumpel van rykdom staan
In hierdie wêreld sal als vergaan

Refrein:
Wees, wees net wie jy is en doen
Doen net wat jy wil,
Want jy, jy is anders, jy is alles
Jy is die moeite werd

Elke verhouding sit vas aan jou hart
Elke mens se afdruk in jou gedagtes
Sê wat jy wil sê, want niemand anders gaan dit sê nie
Droom van ? plek waar jy jouself kan wees
Word wakker en wees
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top