"Weergalm" deur Murph R. van der Merwe

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Reg voor my staan ’n droomhuis
Effens verwaarloos, maar wie is nou perfek
Steeds droog ek nog jou trane af
Al wie dit weet is jy en ek

Met die dronk in my are stap ek by jou verlede verby
Terwyl ek lees dit wat jy vasgelê het op karton
Angsvol bly ek vir jou wag
En kies ek toe om die seerkry te vermom

Koor:
Bêre asseblief my splinters in jou kitaar se kas
en bind my hart met soene aan roosblare vas

Vers 2:
Sieledood van sit, luister en gil
Maar op die ou einde was jou woorde in my oor te stil
Ek is deurmekaar want hoekom dans jy nou met my
As jy net so goed soos ek weet dis ’n sonde om te bly

Terug in die kerk waar ons ‘n lofoffer bring
My en jou gedagtes is nie daar nie, maar tog is dit ons stemme wat sing
Baie trane gaan nog vloei, maar die sakdoek is reeds deurweek
Hoe wonderlik was dit om die ring aan jou vinger te steek

Brug:
Teen die skadu’s van die muur is ek die een wat wag
En in die stof van jou gedagtes was jou fluistering te sag
In woorde wat nog nuut is skep jy frases van verlange
En is jou emosies besig om te grawe in jou hart se leë gange
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top