Weeklaag van die Afrikoreaanse weekdier

  • 0

Weeklaag van die Afrikoreaanse weekdier
Jeremia 31:18

Weekdier
krul
in Fibonacci
patroon gefikseerde skulp
van twakkie smaak, kappies maak
en wulps gulp vergrype – O trillende verglyding! Gewete
stulp. Sondagmôre verguis my dop met haar vonkbestrooide hakskene op my flerrie flenter

kop.
Nogmaals
Sondagnag se
na naweek slaak:
“Sekerlik het ek Efraim hoor
weeklaag”. Tevergeefs gekluister in my kooi in fetale
smeekroep na hoort en haard. Die skrikbewind van Maandag draai nie stokkies nie.

Soe
isit.
In kil
kantoor geïsoleer van
land en personeel toetsbordspuls vroetel
ek om loon met taal te wek. Amandelogies
flikker flou op flitskaarte en pleknaamles. Fokus glip en hou dop hoe klok

sekondes
soos
taai rys
pik. Naweek manewales
verwek Sondagnag treurbrigade. Bloedjies spoeg
en plak, versnipper stip die alien onnie uit
Nam Afrika van Neder-Duitse gees en naam. Knip sy vlerke in kou

milieu,
voer
hom rys,
outomaat Engels ennie
trae tongval van verandering. Koddig
geklee in blou snyerspak, kraaghemp, kolle-kolle strikdas
afgerond met framboosrooi kitaar: “Today we will learn the song of my people:

‘Loslappie’”.
“Kammah
rae aek
uhs ah rosrappie.”
Applous val in my ore
soos aanvaarding. Uitvaltyd broe, verversingspos toe! Naweeksalf is
kwaksalwerraad van herhalings in bannelingsgrap: Seoel laertrek, lieflingtaal gorrel, in samesyn op
stoele
wieg
op Parow
en Makeba lied
‘wyl lamstjops kolskoot in paapmaag
skiet. Ek en my meisie luister Worsie Visser,
skrywe reisbriewe op bruinryspapier: sy vestanie my Ma nie, haa Ma vestaa my

nie,
Ma
vestaa nie
vi haa nie,
maa Ma sy is my
imago dei en ons “bly in ‘n huisie”
(Ons neuk-neuk-neuk-neuk-neuk-neuk-neuk – die stortkop bloos soos stoom)

Twee
weke
blaaskans grasie
vir stralejak, slakkepas
afpak, stad kerjakker dan lank
langs Souf Eish Adjin strande plak. Die trip
na Saigon in sy moer in gone, effie gegly effie agtergebly in boere

nooi
se
lies. Rusierooi
vies vort na
Dr. G. Lipsie. Vies uitmekaar, vies
priem die fauxkop, vies seer rokjagter terug in
die rissierooi ROK (Republic of Korea). Log in. Blaker lakoniek in die glaskafee:

“Chris-
Fauxk
van Naaikerk
is reistaai. Taai
rys. Tired.” Kyk wie laaik
my nou. Gooi goedkeur duime innie gonskrib tjokvol
life events, hamsteraars, babbelbekkies, mooiweertjommies, manteldraaiers en skurke tot ek popel hart

poepogies
poegaai
stuiptrek vol
growwe sout om
die voet en afgesonder skuimbelryk
bruis. Come one, come all! Laat die Markies
de Slak skarlakenskoenlapper banneling-porn en rooi panties geil in jou kranium wapper...

Bliksem!
kyk
hoe flikker
wulpse stanzas wat
mekaar in vryevers vry wiks:
Poesan na Seoel in sewe dae gefiets. Smee
hegte bande van tydelike vriendskap. Maak cuckold van kennis: kulvrou en kwaspaap wat

skelmpies
mikvlinders
vang. Uit
die tongkokonne van
die dye plas-fladder soutskoenlappers
van onkuisheid. Verdoof die triestige affêre na die
tryst en paai jouself met ‘n kwinkslag: ‘n ring makie ‘n gat toenie.  

Dommel
beskonke
in mistieke
visioene omhul innie
jelliewaas waar helikse opwen uit
die donkiebyt spanning tussen ontwaking en verval - Pa
se oorle boesem vrinds kind langsaan uitgepass oppie hotelbed. Paas Sondagmôre oulase vry.

Draadloos
kerk
oppie langpadbus
met belofte van
gedig en oorbegin. Gnomonieke groei
kom van ompad reis en deur skade en
skande word mens wys: “U het my getugtig, ek het my laat tugtig.”

Trek
daagliks
Ceylon tea
in obskure hoek
op skiereiland. Die môrestond bring
weerstandshoop. Lomerig, stadig in die wande van my
estivering kom ek by. Meteens is my slaktong wakker met ‘n natnuwe vers:

Taal, U bly my skulphuis van syn:
weekdier gly verbly oor blad
laat naas git ‘n silwerklad
spiraal wat die Ew’ge in kwyn∞

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top