Die Springbok-losskakel Morné Steyn loop die afgelope paar weke kwaai onder die kritiek deur weens sy spelpeil. Nie veel Springbok-ondersteuners sal daarmee stry dat dit moontlik tyd is vir hom om ’n blaaskans te neem nie.
Steyn het egter ook kritiek uit ander oorde ontlok nadat hy die volgende stelling in ’n onderhoud met Beeld gemaak het: “Die man is die baas van die huis en jou kind en vrou sien op na jou. Jy moet glo in die Here en vertrou op hom om ’n goeie voorbeeld te wees.”
Is Steyn in die kol met hierdie uitspraak, of is dit onverantwoordelik van iemand wat ’n rolmodel vir sowel kinders as volwassenes is om ’n stelling te maak wat volgens sekere mense geslagsongelykheid goedpraat?
Die menings is uiteenlopend. Wat dink jy? Stuur ’n e-pos aan webvoet@litnet.co.za en word deel van die gesprek op SêNet..
Henry Cloete (Webvoet)

