![]() |
|
|
In 2013 en vroeg-2014 was daar heelwat gesprekke oor Afrikaans en die variëteite daarvan – veral Kaaps. In ’n onlangse artikel op LitNet Akademies, Die verrekening van taalvariasie in die prosawerk van Elias P. Nel, skryf Frank Hendricks oor dié Afrikaanse variëteite: Standaardafrikaans, Oranjerivierafrikaans, Kaapse Afrikaans en Swartafrikaans. Nou kan daar gevra word waar taalvariasie vandaan kom, en of hierdie variëteite van Afrikaans aan stigmatisering ly? Christo van Rensburg en Hans du Plessis, kenners van die variasietaalkunde, gee hulle menings. |
|
|
Afrikaans se taalvariasiespore "Afrikaans, en tale wat soortgelyke ontstaansgeskiedenisse deel, het variasie in hulle ontwerpplan ingebou. Sulke nuwe nedersettingstale is van hulle ontstaan af variasievorme van die tale wat hulle sprekers kommunikatief wou beheers, met baie onderlinge skakerings." |
|
|
Is Afrikaanse variëteite in die letterkunde regtig gestigmatiseer? "Stigmatisering van die variëteite van ’n taal is nie net ’n Afrikaanse verskynsel nie, en beslis ook nie ’n moderne een nie." |
|




