Watter weergawe van Jesus

  • 0

Hello Chris,

Baie dankie vir hierdie reaksie.

Soos alreeds aangedui dit is werklik ‘n uitdaging om al die strominge in perspektief te hou en tred te hou met watter Kerk het vir watter weergawe van die aard van Jesus gestaan aangesien jy aanvoer dat dit die Roomse sentrum is wat volgens jou toevallig “die rekonsiliasie tussen die goddelike en menslike aard van Jesus” probeer beslis het.

Wat bepaal kan word is dat daar vier groot sentra was van Christelike geloof en die interaksie tussen hierdie sentrums bepaal die verloop van Christenskap. Die vier sentrums met hulle Engelse name was “Antioch, Rome, Alexandria en Constantinople”. Vanaf hierdie fondasie kan die ontwikkeling van Rome as die sentrum van mag vir die latere Roomse Kerk apart ondersoek word maar indien daar slegs gefokus word op die debat wat bestaan het oor die aard van Christus dan word die volgende opmerkings gemaak.

Die oorsprong van hierdie debat was gebaseer op die Dan Brown weergawe van geskiedenis wat impliseer het dat Jesus van mens tot God verhef is wat beskryf kan word as ‘n vergadering waar die meerderheid oorwin het. Dit terwyl dit waaroor gestem was nie gegaan het oor menslik versus Goddelik nie maar eerder Goddelik versus Goddelik/menslik en die kompleksiteite wat daarin vasgevang is.

Histories word dit aangevoer dat reeds teen 200 NC was die wat Jesus slegs as ‘n mens en net ‘n mens gesien het lankal vergete en volkome in die minderheid.

Dit is daarom dat die sinspeling op sameswering nie kan aanvaar word nie soos dit oorkom in jou brief nie en daar veel eerder nog ondersoek moet gedoen word oor hoe die verskillende strominge daarna uitgesien het en is dit ‘n veralgemening om aan te voer “ dat Jesus en wat hy beteken vir die Christene van die tyd as ’n keuse tussen Hector, Achilles, Heracles of Zeus, almal goddelik in ’n mindere of meerdere mate”, is aangesien die Christene juis van die veronderstelling af uitgegaan het, soos daar nog steeds gedoen word dat daar net ‘n enkele waarheid is. Dit is belangrik egter op ‘n houvas op die uitlewing van die pagans ook te kry aangesien dit ‘n belangrike aspek van die geskiedenis is wat nou verlore is en tog vir baie lank ‘n alternatief was.

Die debat oor die aard van Christus kan dan om terug te keer na die sentrums van mag en voor die beslissing van Nisea kan soos volg aangedui word. Alexandria voer aan Jesus het ‘n enkele natuur, Goddelik, terwyl Antioch kan instaan vir die twee-nature doktrine.

Die volgende word aangebied as ‘n manier om sin te maak van hoe kompleks die debatte was:

Die eerste konsilie van Nicea van 325 word opgevolg met ‘n sitting in 381 waar die kwessies wat nog nie volkome tot ruste gekom het vanuit 325 weer aangespreek word en die “Nicene Creed” word hier verwoord. Dit is nog steeds einde niet en is daar sittings in 431, 449 en dan Chalcedon in 451en dit is eers hier waar Jesus as volkome God en volkome mens bevestig word.

Hierdie gaan die gelowige van vandag nie aan nie en is nie tersprake in hulle gesprekke nie, maar tog vind ek die geskiedenis interessant.

Die siklus skrywes oor die onderwerp het geput uit:

Dairmaid MacCulloch se Christianity : The First Three Thousand Years.

Philip Jenkins se Jesus Wars: How Four Patriarchs, Three Queens, and Two Emperors Decided What Christians Would Believe for the Next 1,500 years.

The Cambridge Medieval History. JB Bury redakteur.

Jaroslov Pelikan se The Emergence of the Catholic Tradition 100–600.

Daarom die mismoedigheid aangesien 600 woorde nie die kompleksiteit kan vasvat nie. Te veel word uitgelaat in my vertelling daarvan.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top