Hello,
Konstantyn en die Christelike godsdiens is werklik ‘n fassinerende stuk geskiedenis en werd om ondersoek te word. In die lig daarvan word die volgende aangebied as my ontleding daarvan soos gebaseer op die werk van ‘n versameling werke wat die onderwerp aanspreek.
Daar kan aangevoer word dat die konsilie van Nicea erg gebuk gaan onder die las van die Dan Brown weergawe van geskiedenis wat dit vir die ateïs en die agnostici moontlik maak om te beweer dat kyk hoe ‘n klug is Christenskap aangesien Jesus hier tot God verhef is. Om so te doen is egter ‘n wanvoorstelling. Lank voor die eerste konsilie van Nicea was die aard van Jesus al vasgemaak in leketaal. In Latynse terme Jesus Christus was ‘n enkele “persona” in wie daar twee “substantiae” is, een deel goddelik en een deel menslik. Neem kennis dat my weergawe ‘n simplistiese weergawe daarvan is en die kompleksiteit van die debat rondom Jesus se aard reduseer tot my eie leketaal. Vir die volledige bespreking kan Jaroslov Pelikan se bespreking daarvan in “The Emergence of the Catholic Tradition 100-600” eerder besoek word.
Hierdie is dus volkome in kontras tot die gewilde Dan Brown metode van geskiedkundige ontleding en hier aangebied in daardie terme deur Angus en beaam deur Pieter dat in die konsilie van Nicea het Jesus, God geword en dat dit baser was op ‘n meerderheid stem en die politieke spel tussen die Roomse Ryk en die Christelike Kerk van daardie tyd.
Die realiteit is dat die Goddelikheid van Christus was nie bevraagteken nie en was die groter kwessie eerder hoe om die menslike aard van Jesus te behou en te rekonsilieer.
Ook wil daar in die reaksie ‘n paar notas oor Konstantyn gemaak word en die gebeure rondom sy heerskappy en volgens my verwysings net so ‘n fassinerende persoon.
Galerius in April 311NC vaardig ‘n edik van toleransie wat beskerming bied aan Christen gelowiges van die tyd. Dit is nie veel meer as wat aan enige ander volgelinge van ‘n god gebied word. Dit word opgevolg deur verdere wetgewing deur Konstantyn en Licinius wat die vorige beperkte godsdiens vryheid nog meer uitbrei en bevestig. Die Christen het nou volle wetlike erkenning in die Romeinse Ryk.
Die kwessie van Konstantyn as Christen word ook aangespreek en word hy beskryf as ‘n man wat gevolg het op wat sy vader was, meer goedgesind tot die idee van ‘n enkele God met ‘n afkeer tot die “afgode”, wat nou as afgode sal beskryf word en die Christene goedgesind. Dit is belangrik dat Konstantyn se idee van ‘n enkele “God” het nie noodwendig na die Christen God verwys nie, maar eerder na ‘n idee van die tyd, net soos die Christene nie bereid was om die Christen God saam te laat smelt met hierdie idee.
Die Christene het altyd apart gestaan met die verklaring dat daar net een waarheid en God is. Dit is waarmee Konstantyn hom moes versoen om die finale afstand te voltooi na sy eie Christenskap en die insluiting van die Christen Kerk as die kerk van die staat.
Volgens die historiese rekord met die dood van Konstantyn in 22 Mei 337 vind die volgende gebeure plaas.
Konstantyn, verklaar dat daar geen onsekerheid moet wees en sit die keiserlike kleed eenkant en trek die die wit kleed van ‘n Christen aan.
Hierdie is ‘n verstommende verhaal. Mense op alle vlakke en stand van die samelewing word bekeer en draai na Jesus en God een van daardie mense was die Keiser van die magtigstige ryk in sy tyd.
Hoekom nie?
Baie dankie
Wouter


Kommentaar
Hello Wouter
Bart Ehrman (The Orthodox Corruption of Scripture) sou nie saamstem dat voor die eerste konsilie van Nicea die aard van Jesus al vasgemaak was nie: "Christianity in the second and third centuries was in a remarkable state of flux. To be sure, at no point in its history has the religion constituted a monolith. But the diverse manifestations of its first three hundred years—whether in terms of social structures, religious practices, or ideologies—have never been replicated."
Die beeld wat ons het oor die vroë era van die Christengeloof is grotendeels te danke aan die enorme invloed van die geskiedskrywer Eusebius, Konstantyn se doper. Weer Ehrman, "Prior to the beginning of this century, virtually all investigators were held, more or less consciously, under the sway of the histories of early Christianity produced during the period itself." Ek weet dat dit onregverdig is om 'n skrywer te oordeel sonder om hom te lees, maar die titel van Jaroslov Pelikan se bespreking laat my vermoed dat dit dalk 'n 20ste-eeuse weergawe van Eusebius kan wees.
Die realiteit is nie dat die Goddelikheid van Christus nie bevraagteken was nie. Nie voor die 4de eeu sal die ortodokse siening uitstyg as die meerderheid en dominante groep nie. Ek stem saam dat die Dan Brown weergawe snert is, maar dit is tog geinspireer deur die feit dat die eerste paar eeue van Christendom 'n periode was van chaos. Ehrman beskryf die hoofgroepe:
Some "heretics," like the Ebionites and the Theodotians, claimed that Christ was a "mere man" and therefore not at all divine; in response, the proto-orthodox insisted that he was God. Others, like Marcion and the opponents of Ignatius, claimed that Christ was completely God and was thus human in appearance only; the proto-orthodox responded that he was a real man of flesh and blood. Yet others, like the Valentinian Gnostics, maintained that Jesus Christ was two beings, the man Jesus and the divine Christ; the proto-orthodox argued to the contrary that he was a unified person, "one and the same." The proto-orthodox Christology, then, emerged as a direct response to these alternative perspectives and was distinguished by the paradoxes of its pedigree: Jesus Christ was both God and man, one indivisible being, eternal yet born of the virgin Mary, an immortal who died for the sins of the world.
Voor die bekering van Konstantyn domineer nie een van hierdie groepe nie. Slegs sowat 5-7% van die Ryk is Christenne in al hulle variasies. Die konsilie van Nicea en die daaropvolgende samestelling (ongeveer vyftig jaar later) van die Christen Bybel wat die ortodokse geloof ondersteun gebeur na die bekering van Konstantyn. Dit is belangrik om in gedagte te hou: Maak Christendom werklike vordering slegs met politieke ondersteuning?
Ek dink dat die sukses van Christendom gevind sal word in die dieselfde proses wat uiteindelik gelei het tot die triomf van die "ortodokse" Christen variasie. Dit bring ons miskien terug na Gibbon se eerste rede: "The inflexible, and we may use the expression, the intolerant zeal of the Christians...". In 'n poleïstiese wêreld sal 'n monoteïstiese geloof nie net vordering maak soos enige ander geloof nie, maar ook vernietig soos dit aangaan, veral as die werf van nuwe lede 'n sentrale doktrine is. Dit was nie kenmerkend van enige ander geloof in die antieke wêreld nie, nie eers die Jode nie. Christendom vernietig dit waarmee dit in aanraking kom, beklemtoon onderdanigheid en gehoorsaamheid aan die geloof en veg voortdurend teen kompetisie. Onverdraagsaamheid is die kern van die sukses van hierdie geloof. Dit en 'n leier soos Konstantyn. Die wit kleed van 'n Christen steek nie hierdie realiteit weg nie. Die hemel, die hel, die geloof dat ons nie goed kan wees sonder God en die hoop dat hy omgee is wat hierdie 'organisme' aan die lewe hou.
Lekker dag vir jou
Chris
Die enigste rede hoekom die Christengeloof so gegroei het onder Konstantyn is omdat die doos nog meer "evil" was as Hitler. O ja, en omdat hulle die Pagan geloof in hul eie geloof ingewerk het. Dit het natuurlik die Christengeloof meer bekend laat lyk. As jy in daai dae nie 'n Christen was of hul geloof aangeneem het nie is jy vermoor. Die Christen geloof se ontstaan is bevlek met die bloed van onskuldiges. Alles behalwe n geloof van liefde. Kyk maar na die Christian Crusaders. Fokken "evil" verby!
Nee wat. Die Christengeloof is gesteel van die Egiptenare en die tradisies van die Pagans. Jesus is niks anders as nog 'n SONGOD nie. Die bybel is plagiaat.
Groete
Bobbejaan
Hello Chris,
Hello Bobbejaan,
Hello Wouter
Die rekonsiliasie tussen die goddelike en menslike aard van Jesus was 'n kwessie wat die ortodokse kerk, 'toevallig' die een in Rome, besig gehou het. Die 'heretic' groepe het, dalk wyslik, besef dat dit noodwendig sou lei tot logiese teensprake.
Ek stem saam dat die tydperk baie kompleks was en dat 'n hele paar balle in die lug gehou moet word, party eenvoudig omdat ons kennis beperk is (myne in hierdie geval is uiters onvoldoende). Ek oorvereenvoudig dalk, maar ek sien die figuur van Jesus en wat hy beteken vir die Christene van die tyd as 'n keuse tussen Hector, Achilles, Heracles of Zeus, almal goddelik in 'n mindere of meerdere mate.
Die een bal wat jy egter kan laat val sonder verdere oorweging is die spirituele een. Dit verg nie intense studie om tot hierdie gevolgtrekking te kom nie. Ek het, dalk verkeerdelik, verstaan uit jou skrywe hierbo dat jy hierdie een ook dalk wil op hou ... net vir ingeval.
Mooibly
Chris