Wat's jou probleem, KdK?

  • 0

Alweer Klug de Klerk wat borrels byt.

Jy reken iemand, bedoelende jy, moet agternakom en die werklike perspektief uitlig. Nou moet nie dat ek jou ophou nie, begin.

Soos immer hap jy borrels sonder enige verwysings. My brief waaroor jy alweer om my enkels kêf is propvol relevante verwysings, ek is seker jy gaan die ware perspektief van elke enkele verwysing uitlig.

Die meeste SêNetters weet dat jou interpretasie van die Bybel dieselfde is as jou interpretasie van die landswette en weet ook waar daai een loop draai het.

Nou sê ek vir jou soos die Engelsman sê "put up or shut up".

Net soos jy nie kon "put up" oor die drie-eenheid nie en toe maar moes "shut up" ondanks baie manne se pogings om jou sovêr te kry om jou "gawe" en "insigte" te deel.

Ek weet ek mors my tyd om hierdie brief te skryf want almal sien al vir jare dat jy tot niks behalwe borrels-byt in staat is nie. Ja dit is harde woorde, jy verdien dit.

Duitswester

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top