Wat, WAT?

  • 0

Die WAT is, vir sover ek weet ou Klaas (briewe 28/10), ’n verklarende Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Dit verklaar wat 'plek-plek' nou eintlik in die alledaagse omgang beteken. Dit vertaal nie. Ek sien ook dat heelwat 'bekendes' woorde borg of koop.

Ek glo nie dis vir sommige as gevolg van hul danige liefde vir die taal nie, eerder ’n geval van ’n gewaande hoge aansien.

In verlede Sondag se Rapport (23/11) staan daar geskryf dat ’n bekende literator, met drie doktorsgrade in die Letterkunde, of is dit nou vier, ook twee woordjies borg. Ek verstaan nie mooi nie. Dit gaan oor die Taal, maar dit wil voorkom asof die geleentheid gebruik word om ’n stelling te maak en dit in die WAT te verewig.

Ek meen te sê, meer elegante woordjies kon darem seker deur die bekende en hoogs aangeskrewe literator geborg word as die kombuistaal woorde hoer en moffie? Of is die borg daarvan elegies bedoel, ’n treurlied? Wonder maar net.

Groetnis

Raed-na-Gael

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top