"Wat sal jy doen" deur TJ Potgieter

  • 0

Refrein:
Wat sal jy doen as ek sê ek gaan jou nou kom haal?
Wat sou jy doen as jy wakker skrik
en agterkom dat dit ek is wat jy mis?
Wat sou jy doen as ek sê ek soek weer daai laaste soen?
As die lewe jou van alles uit trek en jy’s kaal?
Ek wonder, wat sou jy doen?

Vers 2:
Wat sou jy doen as ek vir jou met my hart betaal?
Sou jy jou tassie pak en saam my die vêrte in ry?
Wat sou jy doen as ek vir jou met alles wat ek is baklei?
Het jy geweet jy’s goud-werd vir my?
Het jy geweet jy’s die enigste en alles
wat ek nodig maar nie kan kry?
Sal vir jou al jou gevegte veg
Kom saam dan vat ek jou weg

Refrein:
Wat sal jy doen as ek sê ek gaan jou nou kom haal?
Wat sou jy doen as jy wakker skrik
en agterkom dat dit ek is
wat jy mis?
Wat sou jy doen as ek sê ek soek weer daai laaste soen?
As die lewe jou van alles uit trek en jy’s kaal?
Ek wonder, wat sou jy doen?

Vers 3:
En ek sal altyd lief bly vir jou
Jou beskerm teen ysige wind reën en kou
Wonder of jy ooit nog an my dink?
Wanneer jou gemoed in jou sokkies in sink?
Ek wonder of jy slaap?
En as jy slaap,
droom jy?
En as jy droom,
droom jy dan van my?

As die lewe jou van alles uit trek en jy’s kaal?
Ek wonder wat sou jy doen?
Droom jy ook nog stééds van my?
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top