Wat is 'n plaas
Wat is ’n plaas
sonder moerkoffie, biltong en konfyt?
Wat is ’n plaas
sonder brandewyn, vleisbraai en jolyt?
Wat is ’n plaas
sonder ’n konsertina se geluid?
Wat is ’n plaas
sonder werkers aan die fluit?
REFREIN:
Ja, Ja, wat is ’n plaas
sonder werkers wat daar raas?
Ja, ja, wat is ’n plaas
sonder ’n boer met ’n roer as baas?
Ja, ja, wat is ’n plaas
sonder ’n vrou as ’n liefdevolle ma?
Ja, ja, wat is ’n plaas? (x2)
Wat is ’n plaas
sonder ’n windpomp en wind?
Wat is ’n plaas
sonder ’n sjeelkop, boer se kind?
REFREIN
Wat is ’n plaas
sonder ’n windpomp en wind?
Wat is ’n plaas
sonder ’n sjeelkop, boer se kind?
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


