Ek lees in Rapport:
Brig. Hangwani Mulaud-zi, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring gesê die polisie het onder die drie verdagtes se besittings op tuisgemaakte swaarde, knuppels met ysterpunte, valhelms, koeëlvaste baadjies en vermoedelik plofstofmateriaal afgekom. Daar is ook pamflette met pentagramme en die naam “Lucifer” in die motor gevind. Twee “verregse Bybels”, wat aan Kotze behoort, is ook gekry.
’n Polisielid het gesê daar is ’n videokamera in die motor gevind met beeldmateriaal van verskeie kerke.
Inwoners van die dorp het geskok gereageer.
“Ek onthou hulle, want die eerste keer wat hulle hier opgedaag het, het hulle uitgestaan. Hulle was baie rassisties en die ou met die cowboy-hoed (Van Zyl) het die Vierkleur op sy hemp gehad,” het ’n plaaslike restauranteienaar aan Rapport gesê.
Kotze was verlede jaar ook in die nuus toe hy ’n Voortrekkermonument in Witbank (eMalahleni) verniel het omdat dit volgens hom ’n simbool van “Satan se penis” was. Hy het soms ook die naam “Boereviking” vir homself gebruik.
Hahaha!!!
Die “boere” darem, shaaim, geen wonner die Malemas van die wêreld lag hulself papie vir die wit idiote nie!!
Dalk is die spulletjie reg, ons moet apartheid terugbring, en HULLE opsluit iewers ver en veilig, soos Marion Eiland, dan het hulle sommer ’n wit xmas elke jaar!!
Maar wat de fok is die regse bywwel dan nou?
Ek meen, het dit begin waar Got, wie eintlik ’n swart dame is onthou, besluit het om haar twee orige wit barbie dolls uit te skop omdat hulle oor die tou getrap het met haar hanslam?
Kan die regses asb verduidelik, eks verward hier.
Francois Williams

