"Wat Harte Sê En Die Wêreld wil hê" deur WJ van den Heever

  • 1

Wat Harte Sê En Die Wêreld wil hê

Nie goed genoeg om ? kans te verdien nie
Nie goed genoeg om onsself te bewys nie
Daar word weggekyk van wat gesien moet word
? Dowe oor vir dit wat gehoor moet word

Die wêreld leer ons om in geld te dink
Die wêreld leer ons om in haat te verdrink
Ek wil anders wees
Ek wil beter wees
Ek wil ander ? kans kan gee
Ek wil ander leer om te luister wat hul harte sê
en nie dit wat die wêreld wil hê

Waar is die lewe in die samelewing?
Waar is die omgee in die omgewing?
Hoekom moet dit alewig kompeterend wees?
Hoekom moet ons alles en almal vrees?

As dinge nie nou sin maak nie
weet daar is ? groter plan as dié
Mis sal verdwyn en die lig sal weer skyn

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top