Hello
Volgens die stellings van Oester is die fonds boos en slegs in staat tot die volgende:
Mandela se stigting het tot op hede meer as genoeg inkomste gegenereer om derduisende arm drenkeling kinders se lewens te verander. Dit het hulle NIE gedoen nie maar met slim boekhouding eerder bloot geld rondgeskuif.
Dit is nie seker hoe sulke beslistheid die hoof gebied kan word nie, die engel Gabriël sou hier nog talm en nie net instorm nie.
Soos aangedui in ’n vorige geleentheid is die inligting rakende die fonds vrylik beskikbaar en kan deur enige burger met duur internet toegang besigtig word.
Indien dit besigtig sou word dan sal daar gesien word dat die fonds oor die afgelope vyf jaar R220 miljoen rand spandeer het vir ’n gemiddeld van R43.5 miljoen per jaar op programme wat kinders bevoordeel en ondersteun.
Indien wel sinies soos Oester en met slim boekhouding eerder bloot geld rondgeskuif het, dan kan dit nie gesien word, hoe dit bloot deur die jaarstate te besigtig daardie afleiding gemaak kan word nie.
Is dit in die konteks van R220 miljoen spandeer oor vyf jaar, goed of sleg dat R26 miljoen spandeer is aan salarisse.
Sekerlik is daardie R26 miljoen spandeer korrup?
Dit kan maar net aangeneem word dat na Oester diep in sy koeldrankblikkie gekyk het bevestiging gekry het dat die R220 miljoen ’n versinsel en bedrogspul is en nooit gebeur het nie.
Sou graag wou weet hoe word dit bewys dat R220 miljoen nie spandeer is nie?
Baie dankie
Wouter

