Hoekom word daar vir ons gelieg? Oop en bloot en blatant sonder om te bloos? Wie het wat om te antwoord en hoekom kry die idiote wat moet antwoord altyd sulke vêraf uitdrukkings in hul oë?
Ruolie word geland hier teen ’n 30% (+-) wins as die prys $35 per vat is. Ons betaal tans die ekwivalent van $120+ per vat.
’n Liter coke kos die produsent R3-R4. Jy betaal?
Om brood winsgewend te bak kos die bakker +-R3. Jy betaal?
Die melkprodusent kry, as hy gelukkig is, R2.50 per liter. Jy betaal?
Om krag teen ’n wins te verskaf tot by jou huis kos Eskom 15 sent per Kwh. Jy betaal?
Etc etc etc. ...
Maar dis nie wat my pla nie want die publiek kla mos nie by die bakker of by Coke nie. Hulle hoes maar. Wat my pla is die slimdom werk met syfers en die verduidelikings asof ons almal idiote is. Luister bietjie as daar ’n petrolprysverhoging is en luister spesifiek na diegene wat veronderstel is om ons belange op die hart te dra. Die regime dra nie ons belange op die hart nie en weet in elk geval nie waarvan ons hier praat nie. Stel nog minder belang, noudat ek weer dink.
Ek luister na die syfers wat rondgegooi word as daar se maar ’n nuwe pad gebou moet word tussen Pretoria en Sun City. Die ouens dink dat hulle, deur die syfers onverstaanbaar te maak (hoe de hel lyk vyf biljoen rand in elk geval?) hulle almal ’n rat voor die oë kan draai. Wel, hulle kry dit bleddie goed reg, want wie sal dan nou ooit in sy dag des lewens sover gaan om deur die stapels papiere te gaan as hy moeg gewerk by die huis kom?
Gestel die pad kos "tien biljoen rand" en die regering sit die "tender" (dit self beteken niks, nè?) uit. Tien maatskappye tender en die "tien biljoen rand"-tender word goedgekeur. Die maatskappy het bereken dat sy wins sê maar 20% sal wees as hy betyds klaarmaak. Doen die berekening. Maar doen die verdere berekening: Die staat kry op daardie wins 30-50% terug aan direkte belasting. Die staat kry vir elke meter klip of sand of liter brandstof of diens of wat ook al 14% terug aan BTW. Elke arbeider of direkteur of persoon in diens betaal direk tussen 25-50% weereens direk belasting aan die staat. En so kan ons aanhou en aanhou. Wat kos daardie pad die staat uiteindelik? Ek is nie nou lus om met my sakrekenaar presiese syfers te probeer uitwerk nie, maar ek sê vir jou daardie "tien biljoen rand" pad kos die staat baie minder as die helfte. En dan sluit ek nie indirekte inkomste in nie.
Waarom is daar nog nie ’n rewolusie nie? Want ons leef lankal nie meer in ’n staat nie maar in ’n Mafia-tipe bose regime wat met mag in stand gehou word. Met mag? Met mag ja, want jy moet dankbaar wees vir die bietjie wat jy het. Jy is dankbaar dat jy ten minste nog nie vermink is en jou dogter of vrou nog nie verkrag is nie. Og, maar ons het mos ’n goeie regstelsel en ons finansiële instellings is solied en bo verdenking. Hahaha lag die graaf in Spaans. Jy kan, inderdaad al die mense al die tyd vir die gek hou, solank jy hulle aandag ver genoeg aftrek. Iemand lag in hul mou en dis nie die bose ANC nie want hulle is doodgewoon te onnosel om hierdie skemas uit te dink.
oester

