"Warm Somersaand" deur Lizanne Boyder

  • 0

Warm Somersaand

Ek sit en dink aan jou op 'n warm somersaand
My gedagtes vol van jou
Ek wonder hoe die aand sou wees
net ek en jy alleen

Die berge druk my vas
en dwing my gedagtes na jou
Ek vebeel my net ek en jy op die hoogste berg alleen
waar ek my hart met jou kan deel
En wanneer dit reën daarbo en almal na skuiling soek
dat my skuiling in jou arms sal wees, naby jou hart

So bly drome maar net drome
en liefde maar net liefde
En as ek nie jou hart kan kry nie, soek ek net 'n stukkie van jou
om aan vas te hou vir wanneer ek alleen voel op 'n warmsomers aand

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top