Want ons kan!

  • 3

Afhangend van waar jy jou op aarde bevind, is die lewe seker interessant of uitmergelend.

Dis my eie skuld dat ek ná ’n potjie SCRABBLE op ’n reënerige Sondag-agtermiddag oor Christopher Wyle se Mindf*ck (nou eers op p 85) en Rapport se Oh! fu*k we’re fucked sit en broei. Daar is krieket vir die smartvraat, but why? Daar is ’n parallel te trek, ’n krom metafoor, tussen die ou stertpuntjie van gatkantkolwers wat goëlballe onhandig probeer weg blok en dié ANC se kolfbeurt wat hopelik eendag einde se kant toe sal staan. Soos met die krieket, landsake et al, word dieselfde kanker weekliks gediagnoseer, maar baie myle lê tussen doen en sê. Die rede hoekom niks gedoen word nie, is omdat almal blykbaar vir mý wag om iets te doen, terwyl ek vir jou sit en wag.

Wat staan ons te doen?

Chris Wylie is ’n skerp kêrel wat ook weet wat almal in dié land reeds weet: “We are socialised to place trust in our institutions ‒ our government, our police, our schools, our regulators. It’s as if we assume there’s some guy with a secret team of experts sitting in an office with a plan, and if that plan doesn’t work, don’t worry, he’s got a plan B and a plan C ‒ someone in charge will take care of it. But in truth, that guy doesn’t exist. If we choose to wait, nobody will come.”

Rapport se span spesialiste: Dlhamini, Du Plessis, Cronje ens wat vandag in my huis kom locum het, het die feit dat ons potpourri vermolm netjies uitgestippel. Hulle sal dit volgende week weer doen. Die sagsinnige Tim du Plessis het na ’n kort kuier by ’n vermurwende oudpolitikus besluit om die kontra-narratief vir sagte-hande-is-te-blameer te skryf. Én elders in Rapport oortuig Peta se feetjies ons dalk eersdaags dis kwetsend om jou troeteldier (die “t-woord”) ’n dier te noem óf om na jouself as die eienaar daarvan te verwys ‒ die manier waarop ons oor diere praat moet verander.

Fook mee ...

Cosatu, goddank vir Cosatu, het ’n plan om die ongeoliede ratte van ons land vir nog ’n wyle te laat draai voor als knarsend tot ’n halt kom. Hierdie plan behels die gebruik van staatspensioen om Eskom, SAL ens nog ’n rukkie aan die stotter te hou. Miljarde-miljarde-miljarde. Vir voorskriftelike ruilseks kry Cosatu sy ledegeld, oorbodige personeel hul salaris en korrupte kaders hul kloue op nog kontant. Ramaphosa reken volgens alle aanduiding dié plan is sommer Sha Na Na. Intussen betaal Jan Publiek vir opgeknapte en verhoogde sekuriteit om hierdie nuttelose drolle teen ons te beskerm ‒ want waaragtig, die dag kom al hoe nader wat wiele afval en ons koek vreet.

Omdat ek gelees het die DA is dood en ons het ’n groot vriend in FW de Klerk (“I’m a bit like Marmite,” sê Wylie, “people either love it or hate it, but no one is ever blasé about Marmite") en sy stigtingsou ek graag wou sien dat die stigting (want die DA is dood) geld spandeer op die ideologiese manipulasie van ANC-kiesers. (Dit is oënskynlik hoe Trump gewen en Brexit manipuleer is.) Die lig wil net nie aan nie.

Praktiese advies uit Mindf*ck: “Guns and bombs kill people no matter who or where they are ‒ the properties of physics are global. But an information weapon has to be tailored according to multiple factors: language, culture, location, history, population diversity. If you’re building a non-kinetic weapon designed for scaled perspecticide  ‒ the active deconstruction and manipulation of popular perception ‒ you first have to understand on a deep level what motivates people.

“If you’re trying to hack a person’s mind, you need to identify cognitive biases and then exploit them.” Ek lees hier die nodige data om jou en my ’n mielie te rol, word maklik op sosiale media verkry en ook by plekke soos Experian. “That’s how it started out, calculating credit scores for people.” O koekemakrankaskôrdotkom ... WTF!

Nóg ’n interessante brokkie is op bladsy 56 te vinde: “In late 2013, I was asked to join a meeting with a potential client in an African nation. This would be a political project, I was told, involving targeting voters ahead of an upcoming election.” Dit blyk toe dat hierdie party se rekening sommer deur die land se minister van gesondheid vereffen sou word ‒ ek wil my verstout om te sê ons het in 2014 ’n verkiesing ter plaatse gehad. “Of course, using taxpayer funds from the ministry of health for political campaigns is unlawful. I said nothing during the meeting, but afterwards I went to see Alexander. ‘This can’t be legal,’ I told him. To which he replied, ‘You can’t expect anything legal with these people. It’s Africa.’

“Over a period of many months, as the health-related projects proceeded, some of the money ‒ millions of dollars ‒ did not actually go to ministry of health programs. It was split between the minister’s political campaign and SCL, with SCL’s cut arriving from the country’s embassy in diplomatic bags so that they could bypass any border inspection or declaration.”

Klink bekend.

Ek wil nie langer diagnose lees nie. Ons wil lees die skalpel en chemoterapie is suksesvol aangewend om hierdie African National Cancer te verwyder.

  • 3

Kommentaar

  • Beter kan mens die situasie nie stel nie. Die wêreld bestaan al eeue lank. Dit is die mens wat die probleme maak en gee.
    Ek dink Koos Kombuis het die volgende oor 'n gebeurtenis geskryf/gesê. Hy was glo in 'n inrigting en die manne sit een oggend op die kant van hul beddens toe een pasient vra: "Why are we all here?"
    Iemand antwoord toe: "Because we are not all there."
    Elkeen van ons is uniek. Elkeen van ons het een of ander gemoedsbekakking oor iets of iemand. Ons almal leef as abnormales in 'n normale samelewing van abnormales. Die wiel spin, maar die hamster is laaaankal weg.

  • Hans Richardt

    Ons word deur "veterane" met museum-beleid bedink 50 of 40 jaar gelede en hul het gevries in tyd op eiland.
    Waag hul om aan te beweeg, is hul hul posisies kwyt.

  • Hans Richardt

    Ons word deur veterane, met museum-beleid, bedink 50 of 40 jaar gelede, geregeer en hul het gevries in tyd.
    Waag hul om aan te beweeg, is hul hul posisies en geld kwyt.
    Rip van Winkel beleid en regering.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top