Wanneer sal jy begin?
Moet jy eers wakker word om ‘n dromer te wees?
Wat sal jou wakker maak?
Waar sal jy kan droom sonder om te slaap?
Indien nie nou nie, wanneer?
Moet jy eers blind word om weer te kan sien?
Wat sal jou hart se oë oop kan maak?
Waar sal jy insig vind?
Wanneer sal jy begin?
Moet jy eers verdwaal voordat jy kan vind?
Wat sal jou rigting laat verloor?
Waar sal jy jouself uiteindelik vind?
Wanneer sal die soektog begin?
Moet jy eers sterf voordat jy kan lewe?
Wat sal jou sterwe vir jou bring?
Waar sal jy eindig en waar begin?
Wanneer sal die tyd reg wees?
Koor
Wat, waar, hoe en hoekom
Vrae wat meer en meer ontsluit
Vrae wat wakker maak en verlig
Vrae wat antwoorde word
![]() |
![]() |