Wanneer Pretoria wakker skrik ...

  • 2

Vanoggend sit ek baie vroeg in ’n McDonald’s en koffie drink. Ek het drie dinge opgelet wat ’n mens se siel kon streel.

Eerstens is daar ’n mooi patroon waarvolgens die stad wakker word. Dit is asof die stad se busdiens, die TBS, eensklaps wakker skrik. Busse uit alle uithoeke sak toe op die stad. Noem dit en iewers sal ’n klokkie lei – Wonderboom, Pretoria-Noord, Orchards, Tuine, Booysens, Wes-Park, Mountain View, Silverton, Môregloed ... dan weet jy die stad is wakker.

En uit die busse kruip staatsdienswerkers uit. Die wat vroeg begin, vroeg huis toe gaan en daardie berugte staatsdiensreën uitnooi.

Dan word ’n paadjie gevolg. Of na die McDonald's ... of die tannies wat vetkoek verkoop. Die klein vetkoekies kos R1,50... en die stad van oos tot wes, noord tot suid, ruik ene suurdeeg, meel en gebrande olie. Soms is daar ’n verdwaalde reuk van lampolie. Stofies moet aan die brand gehou word.

Dan skielik begin die trokke die stad binneswerm. So asof hulle aandag soek. Een trok het ’n houer op van Hamburg in Duitsland. Dan kom ’n opregte skobbejak met ’n Selati-trok en laai ’n vroulike student af.

Maar so deur die drink en kyk, besef jy die stad is niks sonder sy staatsdienswerkers nie.

En die paraatheid van soldate voor 1994 het plek gemaak vir fake soldate. Te veel vet. Te veel luiheid ... en min dissipline.

Yuri

 

  • 2

Kommentaar

  • Haw bo Yuri, waarvan praat jy nou? Pretoria het demokratiseer en transformeer. Wat probeer jy so tussen die lyne tuisbring? Was verlede maand na 'n afwesigheid van vier jaar weer in Pretoria. Die stad het net 'n bekoring wat geen ander stad het nie. Johannesburg is weer anders soos Kaapstad en Durban ook sal wees. Ek weet vir 'n feit die mooiste vroumense bevind hulself in Pretoria.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top