Wanneer ek luister
Wanneer ek luister hoor ek nie jou lyrics, op die ou einde bly jy ? vis
Ek hoor jou woorde, maar die bedoeling is vir my soos valse kore
Onophoudelik in my siel, verkrakend soos ? straat langse kill
Wyse gedagte van ? man in ? grys trui, waarmee my wese net nie kan stry
Sit bo af en sit jou hart aan, as jy is wie jy sê sal jy werklik kan
Steek weg jou pyn, want onder die ander se valsheid sal dit gou verdwyn
Pas in by ons perfekte wêreld, meisies verkoop hul reinheid
aan wolwe opsoek na die perfekte kêrel
? Sielsontmoeting tussen twee identiese kante van ? munt
Praat mekaar se taal, weet dat in die publiek voel ons al twee kaal
Dronk oë, sien net pyn in die vroeë
Terug in die gat, darem weet ek daar is iemand wat nog aan my hart kan vat
Letsels pas by mekaar, ? blinde waarheid wat almal in die gesig staar
Almal wat skuif ken nie ons pyn
Almal wat sê hul weet, weet nie van die pynlike donker greep
Op die ou einde sal jou kleure wys, teleurstellend, nie soos myne, net grys
Rook jou menthol, ons rook net dit wat die siel kan vervul
Drink jou Bruta,l ons weet net van pynverdowende alkohol
Los my in my pit, want hopelik hieruit sal ek op ? hoër troon sit
Hy sien nie net jou dade, Hy sien waar ons tipe bymekaar vergader
Sonder ? uitweg, maar sonder bedoeling nog veg
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


