Wanaanwending

  • 5
Na miljoene jare van ontwikkeling word omtrent al wat mens is gebore met 'n wonderlike brein, wat nou hoofsaaklik opgelei word om helle te versin.
 
CM
  • 5

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Jy raak werklik onsin kwyt. Waar kom jy aan die goed wat jy kwytraak? Gelowiges dink selde indien ooit aan die hel en deel daarmee omtrent slegs wanneer dit in gesprekke met ongelowiges relevant word. Die hel is nie deel van ons toekoms nie en is dus nie iets waaraan ons eintlik aandag gee nie.

    Wat mens wel opmerk is dat die ongelowiges, soos jy 'n voorbeeld van is, ook behep is met die nosie van die hel, net soos julle blykbaar met God 'n obsessie het ... Moet wees om daardie onderdrukte ongedefinieerde versluierde vrees wat julle self vir die hel het (weereens vrees vir die onbekende wat die oorhand kry, dalk?), te probeer baasraak op so 'n lomp manier.

    • Jou gelowiges is die enigste heldeskundiges. Hoekom altyd so onhoflik en onvriendelik, of is dit 'n kenmerk van vrome alwetendheid?

      • Kobus de Klerk

        Alewig nogal ... tsk, tsk.
        As jy kritiek en teregwysing as onhoflik en onvriendelik beskou, is jy te fyngevoelig.
        Nee, gelowiges is nie hel-deskundiges nie. Wat ons weet van die hel is wat die Woord ons daarvan vertel ... Ek ken ook nie gelowiges wat ander graag hel toe verdoem nie - dit word ons verbied deur die HERE want dit kom neer op finale veroordeling, wat net God toekom en dit het God gereserveer vir die dag van Oordeel (goeie nuus vir jou, want jy het nog geleentheid om tot besinning omtrent God te kom).
        Jy sien, jy verstaan nie wat aangaan nie. Mens sou kon hoop dat jy in jou bejaardheid al iets sinvol daaromtrent kon wys word ... Is dit te onhoflik en onvriendelik vir jou?

  • Blykbaar het die wetmakers van die Bybel dit teen 'n man se regterkant. As jou regteroog jou laat struikel, moet jy hom uitpluk en weggooi, want as jy dit nie doen nie, gaan jy saam met jou oog hel toe. So ook met jou regterhand. As hy jou moeilikheid gee, moet jy hom afkap, anders gaan jy saam met hom hel toe. Die linkeroog en linkerhand is seker uitverkore al maak hulle ook wat.

    Verder moet jy oppas vir die woord idioot. As jy jou broer 'n idioot noem, is die helse vuur jou voorland. Noem hom liewer 'n gek, as jy hom moet uitskel, want dan beland jy net voor die Joodse raad.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top