
waatlemoen
sondagmiddag laat slag pa ’n koningwaatlemoen
kinders kry nie kroon nie sê pa
dis vir mense wat van die wêreld weet
en oor hul so ongoddelik hard moet leef
ons kinders hou ’n stryd wie die verste spoeg met ’n kraai-oog-pit
en eet die suikervlees tot bitterwit
uit die skyf
met gedweë onskuld in die lyf


Kommentaar
In die kol - en dan het Pa nog vir ons waatlemoenmannetjies ook gekerf ...
Presies soos ek dit onthou.
Ai, nou loop my onthou en verlang ver draaie.