Waarom meneer Zuma ’n uitstekende president is – vir Jan Rap

  • 0

Hallo Jan

Dit gaan nie glad nie goed met die staat nie. Na 15 jaar was die meeste Afrikanerkapitaal op. Kragtekorte, geen treine, vervalle hospitale, en stukkende paaie is die deterministiese uitkoms sonder instandhouding.

President Zuma impliseer sulke agterstande is nie sy skuld nie, en ek stem saam met hom. Onder die bestuur van menere Mandela en Mbeki is staatsinstandhouding gestaak.

President Zuma wil weer soos ’n gedissiplineerde Sjaka staatsdienste begin lewer – met geweld as dit moet, maar word verhoed in ’n titaniese stryd om die staatsmag.

Meeste mense het al vergeet van die reusestryd wat meneer Zuma moes voer om staatspresident te word.

Omdat meneer Zuma ’n tradisionele Zoeloe is, aanvaar baie lede van Suid-Afrika se enigste wit stam dit as natuurlik of vanselfsprekend dat hy nou staatspresident is, en besef nie hoe ontsaglik moeilik dit vir Zuma was om bo uit te kom nie, en nou daar te bly nie.

Sedert Zuma aan die bewind is, word hy voortdurend om die mag uitgedaag. Verlede week nog het ’n minister wat al sy aandag op die bou van gehalte huise moet hou, hom openlik om die staatsmag uitgedaag, sommer so tydens die eerste presidensiële ampstermyn.

Daar is rasionele redes hoekom meneer Zuma ’n uitstekende president is, en ek sal hulle more in my skrywe noem.

Groete

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top