Waarom het die wêreld verander van aardverwarming na klimaatsverandering?

  • 8

Vreemd hoe die nuwe generasie slimmes baie slim met liegstories werk. Dit was net nou-die-dag wat ons almal en veral ons hoermedia letterlik soms polse gesny het omdat die aarde gaan verwarm. Seevlakke gaan styg, pole gaan smelt, en almal (dit is die grootste deel van die mensdom) voor die milennium gedraai het onder diep soutwater sou wees.

Paar dinge het nie gebeur nie en nog meer dinge het toe gebeur. Wat nie gebeur het nie:

Nie een enkele politikus, filosoof, ekonoom en derglikes het hul strandhuise in die mark gesit nie.

Versekering vir plekke soos die V&A Waterfront het nie groter geraak nie.

Ons eie regime het geen strategiese installasies (Simonstad, die kasteel, hawens, ens) se ontwikkeling gestop of moeite gedoen vir die groot DAG nie.

Geen staat op aarde het voorsiening gemaak vir verhoogde velkankers wat sou moes gebeur nie.

Nie een enkele keerwal is op enige plek op aarde gebou om voorsiening te maak vir verhoogde seevlakke nie.

Nie een enkele aardverwarmingsfilosoof het ’n groen motor/vliegtuig aangekoop nie. tewens hulle vlieg nou nog meer as voorheen.

Zero vordering is gemaak met groenkragopwekking buiten onooglik duur en lelike windplase.

En so kan ons voorbeelde noem tot die son nog warmer opkom.

Wat wel gebeur het:

Belastings is op vele vlakke verhoog vir dag ZERO en nog is op pad.

Wette is gemaak wat jou inperk en nog is op pad.

Politici, amptenare, hoernaliste en slim sakemanne het biljoene gemaak met nog baie meer op pad danksy jou.

Slim "geleerdes" en hul instellings het biljoene gekry vir "navorsing" en noudat hulle slim hul woorde verander het, nog biljoene van JOU geld.

Wat my laat met ’n paar opmerkings: Hulle (en baie hier) het duidelik GELIEG dat die aarde verwarm. Bewyse is reeds daar dat die teenoorgestelde gebeur. Intussen lees jy nie in ons media meer die woord "verwarming" nie. Dit is nou "klimaatsverandering". En weer sluk elke Pietie met ’n beursie daaraan.

Want: Hulle is uitgevang dat hulle gelieg het oor aardverwarming, so jy kan hulle verantwoordelik hou (oral buiten hier, want hier kan jy lieg solank jy anti-Zuma is en wegkom daarmee). As jy egter sê "klimaatsverandering" is dit makliker. Want ons kan bewys die aarde is besig om te VERKOEL maar geen mens kan bewys die klimaat of die weer is onveranderd nie? Die klimaat en die weer verander tog elke dag.

Slim te werk gegaan die spulletjie, het hulle nie?

My vraag is: As ’n HOERant, politikus, professor, filosoof of slim werfetter een keer gelieg het oor iets wat ooglopend ’n liegstorie is: Waarom hom/haar ooit weer glo? Waarom hou ons nie mense wat tien jaar terug gelieg het oor aardverwarming in ons baie liberale howe verantwoordelik vir hul liegstories nie? As iemand een keer gelieg het en uitgevang is dat hy lieg, sal jy hom glo die volgende keer?

Vreemde wêreld hierdie, met baie baie vreemde standaarde. Waarom is dit selfs vir ons sg slim mense en "goeie" media so bitter moeilik om net een woord van waarheid te spreek? Waarom is dit so maklik om ’n liegstorie te herhaal? Is dit werklik beter in die beursie uiteindelik? Vir wie is ons bang en waarom is dit beter om te lieg as om net een enkele vraag te vra? Is dit regtig die geld en moeite werd om saam te lieg?

oester

  • 8

Kommentaar

  • Beste (H)oe(r)ster,

    Baie dankie vir jou werklik wetenskaplike insigte. Miskien moet jy ook aan Europa 'n skrywe rig. Verwat lieg hulle so oor die warmste somer ooit wat hulle onlangs beleef het?

    Ja, en die arme Zuma wat so beswadder word. Hel maar ons mis hom darem. Dink net hoe wonderlik sou dit nou hier by ons gewees het as hy nog oor ons gewaak het. Demmit man.

    Verkoelde groete

    Dirk

  • Avatar
    Hans Richardt

    Oester, dis soos mense wat glo aan die Wegraping. Ek het 2x in jaar die son sien opkom en niemand was Weggeraap nie.
    Na ek Rentmeesters deur FA Venter gelees het, het ek besef dat mense net uitpas met hul omgewing is, agv gierigheid. Maw, hul verplaas hul gierigheid as kwaal na die natuur.

  • Ek stem saam met jou. Die mens is maar aan die onnosel kant. Eers het almal geglo wat in die koerante staan, toe kom die TV en nou is dit sosiale media en wat nog. Sover ek kan terug dink is die volk en nasies belieg en bedrieg. Ek kan die "olie krisis" van die sewentigs onthou. Geen petrol naweke nie en jy mag net taggentag km per uur ry. Een of ander slim jafel sê ook toe sommer al die wêreld se olie reserwes sal teen die jaar 2000 uitgeput/kaput/pêlilê/op wees. Toe die ander groot krisis die gat in die osoon. Nou aardverwarming en skielik klmaatsverandering. O ja moenie van die mal koeie en vark en hoendergriep stront storie glo nie. Die volgende stront storie sal wees die wêreldse visbevolking gaan weens verdrinking uitsterf. WDF.

  • Uitstekend! Briljant! Beter kan dit wragtig nie!

    Baie dankie, iemand moes se wat jy gesê het! Iewers moes daar iemand wees wat te midde van al die bedrieglikheid en leuenagtigheid die WAARHEID kan praat, WANT ons weet mos die "groenes", "kollektivistiese globaliste wat van die middelklas slawe wil maak en aan jou wil voorskryf of en wanneer jy mag voortplant ala Greta Thuberg (die arme swaap, sy weet nie dat sy vir 'n gek gevat word deur die groen alarmiste nie), "liberales" (nie die klassieke soort nie) "kommuniste" en vyande van die Weste is ALMAL in een kamp, en dat die "menslik (sien vir goeie vb. Sjina en Indie) -veroorsaakte klimaatsverandering" slegs die vyande van die Weste se nuutste staaltjie en bedrieglikheid is om die Weste mee te klits.

    Vir jou meneer se ek graag (en vir almal wat wil hoor): "The only thing necessary for the triumph of evil is that good men do nothing" (Burke)- wat blyk nie die geval te gewees het tydens die "Verligting" (LOL) en die begin van die einde van die beskaafde wêreld nie, te wete die afgryslike gebeurtenis wat alles verander het; en wat ons die Franse Rewolusie noem.

  • Daar is heelwat navorsing gedoen oor aardverwarming en klimaatverandering.
    'n Mens kan van die navorsing deur Suid Afrikaanse wetenskaplikes lees by
    Aardverwarming en Klimaatsverandering met spesifieke verwysing na Suid-Afrika: Enkele perspektiewe en dit aflaai van https://www.researchgate.net/publication/271299801_Aardverwarming_en_Klimaatsverandering_met_spesi-_fieke_verwysing_na_Suid-Afrika_Enkele_perspektiewe/link/57db9c1e08aeea195932c8ef/download

    As ek die navorsing regs verstaan vind die veranderinge plaas oor lang tydperke en nie oornag nie.By https://www.nationalgeographic.com/environment/global-warming/big-thaw/ can 'n mens 'n foto sien van hoe miljoene liter yswater van 'n gletser die see instort.

    Sou dus maar versigtig wees om alles netso af te skryf asof niks besig is om te verander nie.

  • Wonder of daar dalk iets in Oester se oesters is wat hom skerp laat - miskien hou hy 'n plantjie aan vir medisinale doeleindes.. hê Oester?

  • as aardverwarming werklik was sou Europa 20 jaar gelede reeds voorsiening getref het. Versekeringspremies vir laer lande sou onbekostig duur gewees het. Die Urkers (ek het heelwat vrinne daar) sou reeds moes ontruim. Geen versekeraar wat sy sout werd is sal my eiendom, as voorbeeld, wou verseker nie en tog val hulle oor hul voete om my eiendomme te verseker. Ek is, terloops, minder as een meter bo seevlak soos dit was tydens ons hoogste vloed wat in 1932 was. As jy by Outsurance is (hulle verseker my tans) moet jy, as jy glo aardverwarming is waar, jou polis kanselleer, reg? )
    Punt is: Aardverwarming was en is 'n liegstorie. Die KLIMAAT verander wel en SAL ALTYD verander. Seevlakke styg wel (om baie redes) met omtrent 2mm per dekade.
    Europa het NIE die warmste somer ooit beleef nie. Die noordelike halfrond het wel van hul koudste winters net noudie dat beleef sedert temperatuur gemeet is.
    Wat my laat met: Global warming (dit was die spul narre se godsdiens tot onlangs toe) het nooit gebeur nie. Die klimaat verander wel en sal altyd.
    Ek vra noudiedag 'n vrou wat my gevloek het omdat ek kernkrag voorstaan om vir my tog die groot drywende plastiek eiland te wys. of ten minste vir my 'n aanduiding te gee waar die fokken ding dryf. Sy het my gevloek en gese: It exists.
    Tot vandag is daar nie een enkele bewys dat ons verantwoordelik is vir die komma persentasie sg aardverwarming nie. Is aarverwarming, in elk geval as dit bewys kon word, sleg? wil ons werklik gletsers sien of wil ons 'n groener aarde sien? jy kan nie mielies plant op gletsers nie. Net sotte en Media24 se napraters glo nog liegstories

  • aardeverwarming en nou skielik klimaatsverandering het bloot die manier geword om jou vryheid in te perk, slim geldfoefies nog meer geld te genereer, Belasting heffings te wettig, Amptenare en derglike drek te bemagtig, mense te verenig agter een GEMEENSKAPLIKE bedreiging (as ons almal se lot op die spel is is ons enigste redder immers die regering, is dit nie?), sg navorsers het letterlik biljoene rande die wereld oor gekry om nog meer tyd te mors.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top