Dit gaan rof in hierdie land. Politieke moorde, onluste met brandstigting en moorde, plundery. Dan nog die gewone hoë misdaad waar talle mense vermoor word.
In die res van Afrika gaan dit nie beter nie. Daar is sogenaamde rebelle wat moor, ontvoer en plunder, daar is radikale religie-aanhangers wat bomme plant en moor. In baie ander dele van die wêreld gaan dit maar net so sleg, daar is skynbaar geen skuilplek nie. So, dit sal nie eintlik help om te vlug nie. Om Mongolië of Tibet te oorweeg as opsies lyk nie aantreklik nie, die tale is vreemd en die omstandighede wat betref klimaat en landskap onaanvaarbaar.
Waarheen dan? Enige voorstelle?
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Australië Varkspek
Duitswester
Varkspek goeie vraag. Ek wou nog altyd Pategonië toe gaan. Alaska lyk ook nie te sleg nie. Ek sal enige dag Noorweë toe. Ek dink Reunion, Mauritius of die Seychelle is ook 'n opsie. In Suid-Afrika sal ek op Elders gaan bly. Die son skyn altyd daar of dit is mooi weer of dit reën. Die weer is altyd mooi/reg daar.
Varkspek. Orania toe!
Ja-nee, daar moet ons nou allerhande wegvlugplanne beraam omdat ons destyds vir suckers gevang is (oukei nie almal van ons nie, so 70%).
Ons sal maar moet bly (en die wat gevang is, die 70%, moet maar aandring by ouens soos Max en FW en Helen en Van Zyl op 'n verskoning omdat dié hulle so aan die neus gelei het).