Hello
“koos sas” is ongelukkig, van die briewe is vervelig, onsamehangend en vol obskure skrywers. Die werf is vol hakkelende huigelaars. Vir wat dit werd is ek hakkel in die werklike lewe en dit is nie aangenaam nie. Die briewe is nie vol van die alledaagse soos die van Hans Richard nie.
Dit kla “koos sas” oor, van die kantlyn af, soos aangedui in sy brief en vra vir die genadedood.
Dit is maklik om te kla en “koos sas” wys net weer, hoe maklik dit is en nog meer so wanneer dit van die kantlyn af geskied.
Hoekom skryf “koos sas” dan nie opwindende briewe, briewe wat nie onsamehangend is, en briewe wat verwys na skrywers wat nie obskuur is nie en vol geleefde ervaring is nie.
Kan daar gehelp word as “koos sas”, die welbekendes in die intellektuele samelewing as “obskuur” beskou.
’n Ingeligte persoon sal die skrywers waarna Comestor verwys erken sonder om te aarsel en so ook die wat ek gebruik het in my briewe. Hoekom moet die geween van die oningeligte voorrang geniet en daar afgeskaal word om na sy vlak van verwysing te daal. Verstommend en onaanvaarbaar.
Die geleefde briewe versus die boekebriewe, hoekom moet daar gekies word. Die forum veronderstel juis verskeidenheid en verskillende stemme om hier te funksioneer.
Laat “koos sas” dan hier demonstreer in die vorm van briewe uit sy hand die standaard wat hy daar wil stel.
Afrikaan is stil vir sy eie redes en ek wonder ook waar is hy.
Oester is kwaad vir ’n blikkie koeldrank en moet daaroor kom.
Daarom “koos sas” hef ons op, wys ons die weg, stel die standaarde wat jy as norm aanvaar hier bekend
Baie dankie
Wouter

