Waar slaap die wind, my kind
Wie weet waar woon die wind, my kind?
Kan jy hom gryp in jou hand, vasbind?
Jy sien hom waai, laat papiere draai
Maar wie weet waar woon die wind, my kind?
Die wind waai oral waar hy wil, my kind
Laat vensters ratel en tril
Huil om hoeke, blaai deur boeke
Laat branders brul en takke omkrul
Maar wie weet waar woon die wind, my kind
REFREIN:
Waar slaap die wind?
Waar slaap die wind?
Niemand kon dit nog ooit uitvind, my kind
Soms waai die wind net te sterk, my kind
Rig aan sy verwoestingswerk
Maar soms kom die briesie en kus my op die wang
Maar die wind kon ek nog nooit nie vang, my kind
REFREIN
Waar slaap die wind?
Waar slaap die wind?
Niemand kon hom nog ooit nie vang.
Niemand kon hom nog ooit nie vang
Ooit nie vang, ooit nie vang
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


