Wat tans (huidiglik!) in die nuus is — ek "skop af" (‘n term waaraan ek ‘n broertjie dood het) met "lojale oud-Matie" DB 14 April, wie dit teen "(die) taalgroep wat so optree" het.
Sien hy/sy in na?ewiteit nie dat die Yach-Volmink-Botman inisiatief by Tygerberg sal, eenvoudig gestel, lei tot dié omstandigheid teenoor Afrkaanssprekendes: “I am English speaking — you — be damned.” Miskien nie gedurende die Volmink-Botman-era nie, maar die tafel word nou gedek waarvan almal in die toekoms sal moet eet. Milnerianisme op sy beste.
In die brief net onder dié van MB de Stadler vra “Deon” waar “die konvokasie-gekoses…van die US Raad is”. Adelbert Scholtz kom egter te voorskyn in “Briewe” (Rapport 15 April) met ‘n duidelike, uiteensetting — die rektor sal nie om dié feite hierin vervat kan bly dans nie ...
Pieter Malan in “Klip in die bos” (Rapport 15 April”) skryf as volg: “Die groot drywers…van stelselmatige verengelsing (van US) ... is nie die ANC-regering nie ... Op Stellenbosch is die grootste (sic) Engelsgesindes …’n invloedryke en lamsakkige groep Afrikaanse akademici met ‘n historiese gebrek aan selfvertroue in die aanskyn van alles wat blink en Engels is. Hulle word gerugsteen … deur ruggraatlose universiteitbestuurders wat besluit het om Afrikaans op te offer in die naam van ‘transformasie’ en die misplaaste siening dat ‘n universiteit nie tegelyk uitmuntend en Afrikaans kan wees nie.”
Veral sedert Chris Brink rektor geword het is die Afrikaanse aard van US doelbewus geteiken. Diegene wat dit wil behou is voor die voet, en sonder aansien des persoon (of hul argument) erg beswadder — “ou manne met grysskoene wat apartheid wil ingrawe tot in lengte van dae”. Weliswaar het dit sommige (nogal) gepas — maar die baba is met die badwater uitgesmyt; diegene met die passie vir Afrikaans as die taal van almal wat dit praat is sonder omhaal saamgesleep in die aksie.
“Deon” vra of “Christo Viljoen alleen staan”. Dit wil so blyk as daar na die eertydse (vurige) stemme teen die Brink kabaal gesoek word — die handdoek is deur die meeste in gegooi. Van hulle brom steeds onder mekaar agter ho? mure in aftree-oorde hier en oorsee — en af en toe, in ‘n bevlieging van braafheid, sal een op die muur spring (eerder sukkel) om met sy sanna ‘n sluipskoot “ten gunste van my (sic) taal” te vuur. Gewoonlik onder ‘n skuilnaam, maar meer ‘dom’ as die astrale-Latyn wat die S‘bos jingos — met die uitsondering van “Oubaas” — hulself toe-eien.
Dana Snyman (Donderdag Aktueel DB 12 April) verwoord die grondverskuiwing onder Afrikaners veel beter as ander omdat hy met sy insig/persepsie/deernis so nou betrokke is by Afrikaanse gemeenskappe kruis en dwars deur die land. As daar iets soos voorgeskrewe literatuur vir Afrikaners nodig is, is dit syne. Ongeag die inhoud daarvan moet die invloed van Sewende Laan op die ontwikkeling van gemaklike mede-Afrikaansheid tussen alle Afrikaanssprekendes geensins onderskat word nie. Ook die bydrae van ander Afrikaanstalige TV-produksies op beide TV2 en kykNET wat van onskatbare waarde in die verband is.RSG vervul dieselfde funksie. As ek myself verwerdig om een naam bo al die ander voortreflikes uit te lig, is dit Lynette Francis.
‘n Aantreklike, professionele persoon. Altyd goed voorbereid, en opgewasse vir haar onderwerp en gaste (ook op TV!). Ewewigtig in haar hantering van almal wat aan haar programme deelneem.
In die ontwikkeling van al ons mense deur onderwys tot selfstandige burgers is Jonathan Jansen, ook deur sy bydrae in suiwer Afrikaans, ‘n mag-op-sy-eie waarmee die owerhede deeglik rekening moet hou.
Solidariteit, as die leidende NGO in Afrikaans, is benewens vir sosio-ekonomiese opheffing die wagter-met-byt teen vergrype van die owerheid in die naam van regstellende aksie teen alle Afrikaanssprekendes. Sy huidige ho?-profiel-aksie namens die Wes-Kaapse DKD-lede spreek duidelik tot almal wat hul ore dra om mee te hoor. Ook die hantering van die dom-brutale-ongrondwetlike aanslae teen Afrikaners (in besonder) en Afrikaanssprekendes (in die algemeen) bied hoop vir die toekoms.
Naas Viljoen

