Waar die jasmyn
waar die jasmyn
wit blom
wit ruik
en water
oor klippe woel
wag tog daar
wag tog daar
vir my
na aan die dag
se einde
as die son
moeg
as die son
lam
in die laatmiddag
se oranje hang
en droom
van die stil nag
se soete rus
Kommentaar
Ek ruik die jasmyn in die laatmiddag.
Dit kan ook 'n pragtige lied word! Ritmies. Sinvolle herhaling. Treffende beeldspraak en binnerym. Die alliterasie van die -s- dra by tot die versugting van russsss. Ek is mal daaroor!