Ek sit en kyk nou vir die Sondagaand-Freek-regstreeks program met die een of ander Kerkman wat weer wil hoog opgee oor moraliteit en wat Zuma nou moet doen/moes gedoen het.
En toe wonder ek: Is dit nie nou hoogtyd dat Jesus Christus sy vinger uit sy watsenaam uittrek, en kom help hier in die blerrie christenland nie? My magtig het ons dan nie nou hulp nodig uit die spirituele intelligente wêreld nie? Wat van 'n wonderwerk of twee?
Dirk Rigter


Kommentaar
Dirk Rigter!
Kyk die wonderwerk!
Dit gaan voor jou ogies gebeur!
Net toe jy daarna vra!
Die k@k wat jy praat, laat my my rekenaar afsit!
Wat 'n wonderlike gebeeurtenis!
Dirk, die laaste wonderwerk het volgens oorlewering sowat twee duisend jaar gelede plaasgevind. Moenie jou asem ophou vir die volgende een nie – dit gaan nie in die volgende eon plaasvind nie. Tensy onse prez skielik die tuig neerlê en onderneem om die volle R246 miljoen aan die staatskas terug te betaal...
Hello Dirk, gewonder waar jy is. Wat's fout? Hoekom soek jy vir JC?
Beste Dirk,
Ja, dis nou tyd dat die christenkies nuwe wonderwerke uitdink, daardie water-in-wyn-stories werk nie meer nie. Ek twyfel of enige Bybelse wonderwerk nog werk, en dis gevaarlik vir die Christendom. Neem al die wonderwerke weg, en hulle kaarthuisie stort in duie.
Groete,
Angus
Ek wonder of julle menere nie dalk ook die Moslems wil aanvat nie. Ons Christen Gelowiges kan julle nie oortuig nie, nie dat julle oortuig wil word nie. Probeer hulle gerus en kyk wat hul reaksies sal wees. Sterkte vir julle.
Beste Reusedwerg,
Net soos Gereformeerd verskil van Hervormd en Nederduits Gereformeerd, so verskil Christen van Moslem: hulle is voëls van enerse vere, albei wil ander tot hulle geloof bekeer, en albei is ewe gevaarlik. Ons ateïste is dik vir alle gelowe, en as ons sê Christen dan sluit ons einlik maar almal in, Ra-aanbidders, Zeusaanbidders, Moslems, Hindu's, Voorvadergeesteaanbidders, die hele boksemdaais; almal wat glo aan bonatuurlike twak en dit op ons wil afdwing. Ek is lus en sit 'n plakkaat op my voorhek van 'n karwats by my Boerboel s'n en ek waarsku watchtowers, dominees en ouderlinge dat ek hierdie wapens op hulle sal loslaat.
Ek kan sommer raai jy wil ons oortuig dat die bonatuurlike 'n werklikheid is. Ek is vatbaar vir oortuiging met konkrete bewyse. Grotbewonerbewyse staan my nie aan nie.
Groete,
Angus
Angus
Daai water in wyn verander truuk is nie so sleg nie. Self al kom JC net terug om dit weer te doen sal dit al help!
Thomas